Sunday, July 31

‘n Lekker koue “onthou jy nog”

My eerste kuier in Joubertina op 'n plaas en by 'n baie ou vriendin wat omtrent 40 jaar gelede ons bure was en wat 'n lekker kuiertjie was dit nie.


Page6


Sy, Riana en haar dogter Karline het ons so bietjie op die plaas rondgery en die plek gewys en dit het gevoel asof ons nog al die jare kontak het.


.DSC_0127


Was baie lekker om die wereld so deur die oe van iemand wat dolverlief is op die deel van die land te sien. En ons stem saam, dit is baie besonders. Kan julle dink hoe dit daar moet lyk as die bome vol bloeisels is? Riana jy sal my net ‘n blog met foto’s moet stuur wanneer dit gebeur.


Page7


Ons het ook in die kerkie op Joubertina gaan loer waar alles binne van geelhout is. Dis so pragtig.


Page9


Die koster (foto bo regs) was so gaaf om die kerk vir ons te kom opsluit selfs al het ons haar gedurende haar middagslapie gepla.


Page10


Teen die aand het Pieter ons gaan rondwys en Nelmari, Karline en honde moes agterop die bakkie in die koue staan. Sy het dit so geniet! Natuurlik is daar die aand deur foto albums geblaai, en bietjie gesels oor die ou dae. Tertia en Marie, ons het nie van julle geskinder nie – ek weet nie hoekom julle ore getuit het nie :-).


DSC_0179


Ons is so bederf die naweek! Ferreira’s dankie vir julle gasvryheid en al die heerlike kosse, ons het dit so baie geniet. Ons is net betyds daar weg en nie lank daarna nie, het Riana laat weet die riviere is besig om af te kom.


‘n Heerlike roadtrip!!


6 comments:

retha said...

Wat 'n pragtige plek!

Anonymous said...

Ferreira?? van Joubertina???
Ek ken so iemand wat nou hier by ons bly...

Anonymous said...

Dit was so lekker om julle hier by ons te hê. Daar is egter nog so baie onthoue waaroor gepraat moet word.
@ Retha, dit is 'n pragtige plek en ek is bevoorreg om die afgelope26 jaar hier te woon.
@ Toortsie, hier is baie Ferreira's, jy sal meer spesifiek moet wees.
Riana

Sandra said...

Dit is baie mooi Retha. Het ook nie naweek gehoor my ouma se familie het van daardie kant gekom.

Toortsie ek het gesien daar is baie Ferreira's. Die wereld is lekker klein, miskien ken julle mekaar

Sandra said...

Ons gaan defnitief weer kuier Riana, en baie gesels :-). Het dit so baie geniet daar by julle

Anonymous said...

Dis Derrick Ferreira wat van daardie wêreld af kom. Ek het vir hom die skakel gestuur en hy was baie opgewonde hieroor. Ek is nie seker of julle mekaar ken nie.