Friday, July 22

Soveel groen en kleur

Ons eerste dag by die huis is ons gebles met wonderlike weer, sonskyn maar nie warm nie! Die beste dag om bietjie uit te ry en ‘n plekkie of twee te gaan besoek. Wie van julle kan die dae onthou toe ons ‘n kamera met 24 film saamgeneem het op vakansie en daarmee uitgekom het?


DSC_0003


Wel, met Nelmari as passasier voor, gewapen met die kamera het ons teen die middag al lekker ver oor die 200 gegaan.


DSC_0045


Ek dink al die groenigheid was vir haar ook heeltemal nuut en sy het tereg opgemerk dat dit ‘n anderste groen is as wat ons in die woestyn het.


DSC_0036


Op party plekkies oppad het die mis egter nog lekker laag gehang.


Page2


Ons eerste stop vir lekker moerkoffie en beskuit was die Pampoenstalletjie. Hier was regtig pampoene van elke grootte, vorm en kleur.


Page3


‘n Lekker stoep waar ons kon sit en koffie drink en ‘n nog lekkerder winkeltjie met allerhande goetertjies wat Nelmari natuurlik op haar lysie gehad het.


Page5


En saam met die koffie kry mens nog ‘n paar stukkies tuisgebakte karringmelk beskuit …


Page1



Ons was natuurlik oppad na ‘n baie spesifieke bestemming, waarvan ek volgende keer vertel, en het groot pret gehad met al die “advertensie” borde langs die pad.


Net weer gesien dat ons beslis een van die mooiste lande ter wereld is!


6 comments:

Droogbek-Pa-by-die-huis said...

Ja, en dit gaan nog ok met my en al die katte en die hond in die warm woestyn hoor!

Bokkers!

Sonja said...

Ai! ons het die mooiste land! Julle moet dit geniet hier! Lekker om te weet julle is n bietjie nader as altyd!

Thea said...

Is daar darem butternut sop of pampoenkoekies by daai pampoenstalletjie Sandra? :-)
Die plaasstalletjies in die Kaap is darem maar lekker plekkies om by aan te doen! Julle moet dit geniet! Die groenigheid, die plaasstalle, die kuiers en wat nog alles!!

retha said...

Gun jul die groenheid van harte. (hoop die regete Afr. klink of dit iets anders beteken as wat ek wil se)

Sulke lekker plekke! Ek hou van die blou kombuiskas met die lepels wat hang.

Sandra said...

Bly dit gaan goed met die diere Eddie!

Ons geniet die koue, reen en sonskyn saam met die mooi vreeslik baie Sonja!

Sandra said...

Ongelukkig nie Thea ons het nogal gehoop, maar jy kan lekker moerkoffie en beskuit kry :-). Ons soek daai pampoensop

Jou Afrikaans is uitstekende Retha en ja ek het nogal gedink jy sal van die kombuisie hou :-)