Saturday, February 24

ISAC EGIPTE - ONS MEISIES IS STERRE!!!


Na drie moeilike dae van harde wedstryde is die toernooi eintlik verby en ons meisies doen as volg:

Dag 1

Wen teen UAS Dubai 40 - 9

Verloor teen AISE Egipte 22 - 24

Verloor teen MES Egipte 18 - 36

Dag 2

Wen teen QA Qatar 33-18

Wen teen BBS Kuwait 19 - 9

Dag 3

Wen teen UAS Dubai 33 - 6

Verloor teen AISE Egipte 26 - 35

Speel vir 3 de plek teen BBS Kuwait en wen 20 - 7.

GELUK LIONS JV DOGTERS MET JULLE 3 DE PLEK !!! GO LIONS!!

Sodra ons meer foto's en stories van die dogters gekry het, vertel ek meer.

Friday, February 23

Eddie se nuutste foto's oor sy "werktrip"


Sal 'n "verslaggie" oor hierdie werktrip gee sodra hy terug kom. Weet net nie hoe hy more gaan voel na die perdry nie

Thursday, February 22

Kom kyk na Bateen Strand

Bateen strand is een van my gunsteling strandjies in die dorp. Dis stil, daar is amper niks verkeer nie, die uitsig is wonderlik en die buurt is iets om te sien. Kyk net die kleur van die water.

'n Paar van die huise in die omgewing, net oorkant die straat van die see.

Hierdie een het nog 'n verdieping onder wat mens nie agter die heining kan sien nie. Al vier verdiepings is een huis. Daai boonste slaapkamers sal 'n verskriklike mooi uitsig hĂȘ.
Nog een van die huisies.

Kyk bietjie hoe rustig is die water. So ver die oog kan sien.
Die hele baaitjie. Kyk hoe loop die Arabiere met hulle abajas en kandooras langs die water

"Hanging around" word nie toegelaat nie. Interessante kennisgewing by die strand.
Sonsondergang by Bateen strand.

Wat dink julle van hierdie klein strandjie?


TES EN ANDRE

DIS JULLE HUWELIKS
- HERDENKING VANDAG
.... HOOP JULLE HET
DIE ETE GENIET!!!
LIEFDE: DIE HOLLOWAYS
Die hoeveelste?

Nelmari Cairo Basketbal toernooi



Die span het 'n veilige vlug gehad en almal het dit baie geniet. Op Cairo is een van die seuns se tasse gesteel, maar die ou was dom genoeg om nie die "tag" af te haal nie, en word toe met die gesteelde tas in sy besit gevang! Ek is nog nie seker wat hulle gister gedoen het nadat hulle daar aangekom het nie, maar die nuus sal seker so stuk stuk bygelas word.

Vandag was die eerste dag van die toernooi en ons span was opgewonde oor hulle "ondersteuning" al die pad vanuit Abu Dhabi. Nelmari se gesig wys dat sy duidelik nie te bly is nie.

Ons meisies het blykbaar briljant gespeel teen American Universal School en wen die wedstryd 40 - 8. GO LIONS! Hulle speel nog twee wedstryde vandag. Ek hoop om die tellings ook te kan plaas.