Monday, July 21

Petra vroeer bekend as die verlore stad

Om te se dat ons opgewonde was om Petra te besoek is 'n understatement.  So baie kere het ek al foto's van die plek gesien en gedink, dis iets wat ek graag sal wil besoek en nou is ons oppad soontoe...  
Page2
Mens gaan ver soek as jy iewers iets moderns in hierdie geweste wil sien.  Want orals langs die pad, tydens die amper vier uur rit soontoe sien 'n mens oud, woestyn, bedoeine en minder oud.  Maar dis mooi met die verskillende kleure van die berge en woestyn.  
DSC_0316
Die bestuurder stop en wys vir ons die donker berge, dis Petra se hy.  Onder ons bietjie groen, met 'n paar hotelle vir al die toeriste.  
DSC_0358

Voordat ons deur die gangetjie gaan om te sien wat is binne, eers 'n foto met die "hekwagte".  Natuurlik is hulle net daar om geldjie te maak.  Ons ervaar die "bedelaars" eerstehands.  Almal is baie gewillig om te help, vir jou iets te doen of iets te gee en dan kom die woorde, nou kan jy vir my iets gee - net wat jy wil. Maar dit werk ook nie, want as dit nie genoeg is nie, dan staan hulle en wag.  Nodeloos om te se dat ons met hope poskaarte wat "for free" is daar weg is :-).  Om in die hitte tydens Ramadan hier te stap is nie die beste idee nie, dan praat ek nie eers van die ou tannie wat nog onfiks was ook nie, maar die plekke is iets om te sien.  
Page4

Hierdie is foto's van grafte, vir "gewone" mense omdat hulle klein en nie baie versier was nie.  Die theater is van die Nabataean periode en hulle se daar was plek vir tussen 7000-10000 mense.  Dit was gebruik vir feesvieringe.  
DSC_0377

Die "Treasury".  So genoem omdat wanneer die son op dit skyn, dit skyn asof daar goud binne in is.  Vir lank het die mense gedink dit was 'n tempel maar later is uitgevind dat die eintlik die graf van Koning Aritas IV was.   
Page3

In ons toer-studie praat Elriza vandag hoe berge en rotse vir die mense vroeer 'n "veilige" plek was.  Vir ons word God baie keer as 'n rots uitgebeeld omdat Hy vir ons veiligheid is en omdat Hy soos 'n rots "unchaning" is.  In Jesaja 26:4 lees ons "Trust in the Lord always for the Lord God is the eternal Rock".  
DSC_0404
Die royal grafte wat in die Berg Khubta uitgekap is.  Dele van hierdie plek is later ook deur die inwoners van Petra as 'n kerk gebruik.  
Page5

Een dag is nie genoeg om in hierdie stad alles te sien nie, want na 5 uur se stap en kyk is dit tyd om die lang pad terug te vat.  Nota vir myself -  'n plek om weer te besoek, maar liewers nie in die somer nie.  

Baie van hierdie pragtige plekke wat vir mense vroeer jare 'n toevlug en beskerming was, moes restorasie ondergaan omdat dit vervalle raak.  In ons studie vandag, geniet ons om die wonderlike plek te sien en selfs in die Bybel van Petra te lees, en ons weet verseker dat God vir ons beskerming, veilige hawe en plek waar ons kan skuil as daar moeilikheid kom, is en dat Hy nie vervalle raak nie, Hy is altyd daar!     

Sunday, July 20

Ons besoek die Citadel en Romeinse Theater in Amman

Baie, baie opgewonde oor ons toer na twee van die Bybellande, met 'n klein bietjie onsekerheid oor die besoek aan 'n land wat hier waar ons bly, glad nie op 'n wereldkaart verskyn of vir hulle bestaan nie.  Oorlog dreig ook nog aan die eenkant, maar niks kan ons opgewondenheid blus nie.  

Vir die reis het Elriza ook spesiaal vir ons 'n bybelstudie geskryf en ek sal so tussen die vertel en foto's daarvan ook insit en deel.  Die studie het reeds 'n dag voor die vertrek begin en dus is ons nog meer opgewonde oor ons eerste stop.  Ons voete het skaars grond gevat en bagasie afgelaai, toe is ons oppad na ons eerste bestemming.
DSC_0014
Ons verkyk ons aan Amman, die huise en die bedoeine sommer so tussen die huise.  Hier is oud en nuut sommer by en deurmekaar.  Met ons studie kry ons bietjie agtergrond oor Amman en dat dit in Jesus se tyd Philadelphia genoem is. Ons eerste stopplek is die Citadel wat reeds in die Bybelse tyd bestaan het.  Dit Citadel is op een van die heuwels in die middel van die stad gebou en van die opgrawings dateer meer as 7000 jaar terug.   
DSC_0085
Ons kyk na die ou water stelsels wat hulle opgegrawe het, die Byzantine kerk en loop in dele van die Ammonite paleis wat opgegrawe is rond.   
DSC_0110

Hier staan Elriza en Charmaine by dele van die Umayyad moskee wat opgegrawe is.  
DSC_0115

In die Umayya gateway spandeer ons nogal baie tyd.  Dit was die ingang na die Umayyad paleis waar besoekers moes wag voordat hulle die paleis kon binnegaan.   
Page1

Dit is werklik iets besonders en as die "hek" so gelyk het, kan ek my net effens indink hoe die paleis was.
DSC_0118

Daar is ook wingerde en vrugtebome so tussen al die oud, en hierdie granaatboom was propvol vrugte. 
DSC_0121

'n Paar pilare van die tempel van Hercules staan nog.  
DSC_0126
DSC_0132

Hier kan jul nog 'n paar van die opgrawings rondom die tempel sien.  

DSC_0139

Ons besoek ook die Argeologiese museum wat in 2009 'n bietjie van 'n facelift gekry het.  Hier kan mens opgrawings sien wat oor die 7000 jaar oud is, baie van die Brons en Iron age gedurende die tydperk van die Ou Testament.  Dit is in die Citadel perseel.
DSC_0153

Dele van die Byzantine kerk wat opgegrawe is.  
DSC_0172
En net om te wys hoe groot, hoog die tempel van Hercules is.  

Page2

Ons laaste stopplek vir die dag is die Romeinse theater.  Hier is die godin Athena ook geworship en mens kan 'n "shrine" vir haar sien (op die foto, bo regs).  

'n Vol eerste dag met so baie wat ons moes inneem, en more en die ander dae le nog voor ...

Friday, June 27

Verjaarsdag Dhow


Soos in baie jare vantevore, word James en Elriza se verjaarsdag saam gevier.

Page1

Baie jare terug toe hulle 21 geword het, het ons dit op 'n boot langs die Cornish gevier en vanjaar het ons gedink, dit sal dalkies weer 'n goeie idee wees.   
DSC_0022
Was baie lekker om William ook vir die aand saam met ons te he.  Hier wag die ou vir die ander om te kom.  
Page2

Vanaand was 'n vaste spyskaart, en die kos was baie smaaklik.  Baie tradisioneel van hierdie land en Lebanees. 
DSC_0069

Intussen is die dhow ook besig om langs die Cornish af te vaar en die groot vlag lyk mooi so in die lig.  
Page3
Na ete gaan sit die klompie buite en geniet die vaart.   
DSC_0099
Die verjaarsdag twee het dieselfde pose as 8 jaar terug,  net sonder die koek :-).   
DSC_0106

Die verjaarsdagman James en Leane na die tyd.  

DSC_0113
Die verjaarsdagmeisie en haar ma Charmaine en William.  
DSC_0110
Die jong klomp ... heerlike aand saam met hulle gewees!


Speeldate met Lara

Die klein poplap is 14 maande en ek kry my eerste regte speeldate met haar.
DSC_0183
Die soetkoekies is lekker :-)  
DSC_0212

Ons speel buite met Elsie en Lola wat eers moet leer dat twee pugs moet nie gelyk opspring teen haar nie, maar Lara vat dit so in haar stride en geniet hulle aandag.  
Page1

Een van die moeilike "baba's" wat heeltyd huil en mamma skree hou haar besig.  Sy's 'n baie oulike mamma en tel op, gee drukkies en bottel vir die baba om stil te bly.
Page2

Peetmamma Elriza kom oor om ook bietjie tyd met haar te spandeer.
Page3

Ons lees stories en dan hou Noag en die diere haar baie besig terwyl sy probeer om al die diere in die ark te kry.
Page5

Dis so lekker om te sien hoe haar persoonlikheid ontwikkel en natuurlik dat sy so gewillig is om vir die kamera te "pose", al gebruik sy die geleentheid om daai mondjie op allerhande maniere te trek. 




Monday, June 23

High tee op vloer 74

Om na klomp jare in die land nog nuwe plekke te sien en ervaar bly 'n groot lekker en met Elriza se verjaarsdag wou die vroue iets nuuts probeer.  
Page1

Onder groot geheimhouding is die high tea op 'n baie hoe plek gereel en sy het nie eers 'n klein bietjie snuf in die neus gekry nie.  Toegegee ek moes oppad soontoe 'n paar wit leuentjies vertel, maar alles deel van die fun. 
Page2
Die tee en kuier saam met die jong klomp was lekker, maar ek het dit ook geniet om te sien hoe die dorp die laaste paar jaar verander en gegroei het.  Mens kan terugkyk en se "ooo daar was die Ladies Club" of "oooo daar het die kinders vlieer gevlieg jare terug" en nou is dit net 'n gewoel soos hulle nuwe plekke bou. 
Page4

Met al die water/see kan mens eintlik nou regtig sien dat Abu Dhabi die dorp op die eiland regtig omring is met water.  
Page5
En om te dink daai eiland waarop die groot mall gebou is, was destyds net see en dis mensgemaak.  
Page3
En intussen het die verjaarsdagmeisie dit baie geniet!   
DSC_0212
Die 74ste vloer en hoogste uitkykplek in Abu Dhabi, is beslis die beste plek om 'n high tea te hou.   Was baie lekker!