Monday, January 22

James kuier by die "huis"

Was lekker om al drie kinders gedurende die Kerstyd by die huis te hê. James het soos sy gebruik vandat hy in Bloemfontein is, ons verras met 'n nuwe haarstyl en dit het 'n dag of drie gevat om aan die nuwe voorkoms gewoon te raak. Maar met die ouer raak leer mens ook dat die vere nie die voel maak nie. Hy is maar net nog sy eie oue self.

Hier is hy en Elriza afgeneem by die Heritage Village met Abu Dhabi op die agtergrond. Hy het vir amper twee maande kom kuier.

No comments: