Showing posts with label Ferrari world. Show all posts
Showing posts with label Ferrari world. Show all posts

Monday, January 17

Saam met die kinders en die rooi karretjies

Het lanklaas weer bietjie nuus gegee maar het so 'n goeie verskoning. Is tans in die Kaap vir 'n kort paar daggies.

Page1

Ek weet ek het al oor Ferari world geskryf, maar met William se kuier het ek besluit om self bietjie saam met die kinders te gaan kyk wat daar aangaan. Ons was redelik vroeg daar, maar self toe moes mens maar in die tou staan vir kaartjies. Gelukkig niks so erg soos die toue van besienswaardighede in Europa nie. Die kinders was bietjie teleurgesteld dat die vinnigste rollercoaster ter wereld af was vir die dag, maar ons het tog besluit om wel op die ander goed te gaan ry.

Page3

Die jongklomp het ernstig elke keer die kaart bestudeer oor waarnatoe hulle wil gaan en die twee "ou" tannies het geduldig saamgestap en behalwe op een ding aan alles meegedoen!

Page4

By 'n uitstalling van ou Ferrari motors, het elkeen sy keuse van 'n motor gemaak.

Page5

Vir kleintjies is daar hope pret en motorritte en mens kon jou verkyk aan hulle gesiggies soos hulle konsentreer om die motors te bestuur.

Page6

Die windtonnel moes natuurlik ook uitgetoets word - dis hier waar jy kan voel hoe vinnig die motors om die baan jaag.

Page7

Daarna is ons ook op 'n 4D rit wat net soos die ware jakob voel. Selfs as die motor deur water jaag, voel ons die water.
Page8

Kyk net hoe hou William se oe toe :-). Nog speelplekke vir die kleintjies en die jongklomp tydens 'n rit deur 'n "ferrari enjin" kom papnat daar uit.

Page9

Daar is selfs 'n rit "deur Italie" en ons het selfs van die bakens herken waar ons verbygery het gedurende ons "toer"

. DSC_0079

Weer 'n 3D rit wat ons hierdie keer moes brille opsit en ja ons ou tannies was by.

Page10

By gebrek aan die vinnigste rollercoaster wat nie gewerk het nie, is daar darem 'n ander opsie ook en hier maak die klomp reg om resies te jaag teen die motortjies op hulle linkerkant.

DSC_0104

Nadat ons baie gestap en gedoen het, is dit tyd om huistoe te gaan en die kinders maak al klaar plan hoe hulle "die volgende keer" se ritte sal aanpak.

Groete uit die Kaap

Thursday, October 14

Groter, beter en nou vinniger

Julle weet mos in hierdie land wil die een beter wees as die ander en die geboue moet groter en hoer wees as enige plek ter wereld. Hulle gaan nie vir die "klein" rekords nie, dis grotes wat hulle wil hou. So in die dorp is daar groot opgewondenheid oor 'n nuwe "Park" wat die einde van die maand oopmaak.

Ferrari-world-theme-park

As mens dink aan Ferrari is die eerste woorde wat opkom, motor, vinnig, rooi. Vir 'n geruime tyd word daar ernstig gebou aan die Ferrari World. Vir 'n naam wat daarvan hou om eerste te wees, is die binneshuise temapark van Ferrari die grootste in die wereld.

ferrari-world-theme-park-abu-dhabi-12

Op die eerste foto is die middelpunt van die park en hierbo is die onderdag van die park - ontwerp dat dit soos 'n plat Ferrari GT lyk.

abudhabiferari_23_portrait

Vermaak vir die hele familie met 20 verskillende ritte en die storie van Ferrari sal almal die heeldag besig kan hou. En natuurlik is Italie ook deel van die uitleg ...

abudhabiferari_24_portrait

Al die ritte, hetsy vir klein of groot word in skaalmodel Ferrari motors gedoen.


ferrari-gt-roller-coaster-468x312

Die kersie op die koek van die ritte, is die vinnigste "rollercoaster" ter wereld.

st-image-of-a-new-roller-coaster-that-races-two-sets-of-passengers-against-each-other-on-parallel-tracks-the-gt-roller-coaster-uses-carriages-of-four-indiv

Natuurlik word die rit in 'n Ferrari wat anders gemaak.

montagne-russe-ferrari-468x392

Een van die toetsritte van die rollercoaster voor die opening ...

-image-of-a-new-roller-coaster-that-races-two-sets-of-passengers-against-each-other-on-parallel-tracks-the-gt-roller-coaster-uses-carriages-of-four-indiv_0

Kan julle sien hoekom almal nie kan wag vir die 27ste nie? Dis die geleentheid vir oud en jonk wat nog altyd met 'n Ferrari wou ry, om 'n kans te kry. Nie net in die grootste ter wereld park nie, maar ook op die vinnigste rollercoaster. Ek sal dalkies net wag totdat die duisende mense minder geword het, voor ons gaan kyk - as dit gaan minder word.

Lekker naweek julle en mag die beste spanne wen .