Showing posts with label Monica. Show all posts
Showing posts with label Monica. Show all posts

Wednesday, August 17

Lekker by die see

Die weer in SA het ons regtig vanjaar uit ons sokkies gebless. Wanneer ons by die huis gebly het, was dit lekker koud en nat met heerlike reen en wanneer daar 'n uitstappie beplan is, het ons koel maar sonskyn weer gehad. Ons kon regtig nie beter vra nie.


DSC_0021


Net so voor William se terugvlieg Bloemfontein toe het ons ook kans gehad om bietjie in die Kaap self rondteloop. Die dag is afgeskop met 'n ontbyt in Bloubergstrand saam met tannies en 'n niggie.


Page1


Dit was by die Moyo restaurant in Blouberg en natuurlik het almal se gesigte 'n prentjie opgeverf gekry. William het geen probleem gehad as die enigste haan onder die henne om ook geverf te word nie.


Page2


Soos gewoonlik wanneer die tannies teenwoordig is, is daar baie fun gehad so tussen die etery deur. (Tannies meer foto's op die familieblog).


Page3


Nelmari wou gaan putt-putt en ons is Seepunt toe waar ek self jaaaaarreeee terug gereeld gespeel het. Ek was so bly dat hulle liewers buite as in 'n mall wou wees. Aan die einde van die middag was William en Monica se name op die bord as die laagste tellings van die dag. Daar was nie 'n veteraan telling nie, anders kon ek dit maak :-).


Page4


Aangesien hulle nou te groot is vir die blou treintjie waarop hulle soveel pret gehad het as klein kindertjies, het hulle besluit om die maze aan te durf. Vir 'n slag was hulle sonder die mammaratzi maar in haar plek iemand nog baie erger .... will-i-am-ratzi!


DSC_0186


Op Nelmari se lys vir SA was ook 'n draairoomys met flake en gelukkig kon ons dit vandag ook af tik. 'n Heerlike dag saam met die kinders!


Liefde vir almal


Monday, August 8

'n Bietjie geskiedenis in die veld

Na 'n paar heerlike koue dae met reen, is daar eintlik weer 'n bietjie sonskyn en 'n kans om een van die plekke op my lysie te gaan besoek.


Page1


Die iKhwa ttu is 'n plek waar mens meer van die SA San of Boesman menses kan leer en sommer met die inry by die hek is ons al opgewonde toe die bokke sommer so voor die motor oor die pad verby loop.


Page2


Die kultuursentrum is 'n pragtige ou huis met 'n moderne ontvangs en 'n lekker warm kaggel vir die koue. Net langsaan is 'n tradisionele restaurant met die interessante disse op die spyskaart.


Page7


Die toer begin waar ons dmv foto's meer van die San kultuur leer en dis ook interessant om te hoor dat die San-mense eers die gebruik van 'n kamera geleer het, toe die tegniek van foto's neem sodat dit hulle eie foto's is wat gebruik is vir die storie.


DSC_0074


Dan leer hulle 'n paar van die taal se "tongklappe" en om so 'n paar woordjies te se. Die drie van hulle konsentreer hard op die papier oor hoe om die klanke te maak.


Page5


Tradisionele tekeninge is deur drie van die San mense gemaak - dit beeld hulle geskiedenis uit. Die prent onder regs beeld bv ook die San mense wat saam met ons soldate destyds in Angola geveg het


DSC_0078


Deur die venstertjie van een van die prente. Julle kan sien dit was maar lekker koud.


Page8


Dan stap ons op 'n voetslaanroete om na die plante en blomme te kyk en ook te ruik. Party ruik duidelik nie so lekker nie.


Page9


Ons kyk ook na 'n tradisionele stat en hoe hulle gebly het. Duidelik nie gemaak vir lang mense nie.


DSC_0113


Een van die huisies oppad terug na die kultuursentrum toe.


Page10


Vir die volgende deel van die toer sit ons agter op 'n wa en trekker terwyl ons deur die "reservaat" ry.


DSC_0133


Orals is springbokke, zebras, bontebokke, volstruise ens. te sien. Ook tradisionele huisies. Tot teleurstelling van die kinders word die jaggedeelte van die toer weens die weer nie gedoen nie, maar miskien 'n volgende keer.


Page11


Ek's bly ons het ook 'n bietjie van die geskiedenis gaan leer en dit was regtig 'n heerlike dag buite in die veld al was dit ook ysig koud.


Ons kuier nog lekker!


Friday, August 5

Sonskyn en skoenlappers

'n Heerlike sonskyn dag in die Kaap en met William wat nou ook saamkuier, ry ons bietjie rond en besoek Butterfly world. Alhoewel dit 'n slegte tyd van die jaar is vir die skoenlappers, gee ons dit nogsteeds 'n probeer en is glad nie spyt nie.


Page1


Oulike kennisgewings borde orals in die "tuin".


DSC_0046


Hulle is orals rondom, bo-oor en onder mens en jy weet nie wie of wat om af te neem nie.


Page2


William gryp vinnig die kamera om die skoenlappers af te neem en daar is soveel mooi foto's geneem.


Page3


Ons spandeer ook 'n tydjie by die papies en sien hoe heelparty skoenlappers hulle eerste verskyning maak. Amazing.


Page4


Die apies sorg vir groot pret - William word "gemerk" en Nelmari gebyt toe sy hom nie wil toelaat om in haar hare te kruip nie. Monica se hare word ook beetgekry.


Page5


Hierdie groottes steur hul maar min aan die mense en le lekker onder die warm ligte.


Page6


Die spinnekoppe en slange is nie my gunsteling nie, maar ons loer darem. Die groot ou padda slaap deur al die lawaai.


Page7


Die voels is 'n groot hit en ons geniet dit om deur hulle hok te stap en verkyk ons na alles wat hulle doen.


Page8


Hierdie ou geniet die aandag en die gekrap tot groot vermaak van die kinders.


DSC_0317


Dan so 'n draaitjie of twee deur die Paarl voor ons stop vir middagete.


Page9


Hulle bestel vir Nelmari 'n "gewilde" drinkding en dit is haar reaksie daarop. (Natuurlik gaan ek in die moeilikheid wees vir die opsit van die foto's)


Lekker in die Kaap en lekker om bietjie saam met William ook te kuier.