As julle gedink het die groen in SA het my heeltemal "gevang" tydens die paar kuierdaggies, dan is julle verkeerd WANT soos altyd is daar net een spesifieke plek wat my laat voel soos huis en dis Bloubergstrand. Die rede ?
Die see, berg, vars lug, branders en alles saam op een plek. En met my een daggie van rondloop was 'n bonus, die wind ook ingegooi. Ja ek weet die Gautengers dink nie veel van die Kaapse dr nie, maar om so langs die see te sit en stap as mens dit nie het nie, is dit groot lekkerte.
Die seeperdjies het behoorlik gekattemaai in die wind en vir ander soos die branderplankryers en windsurfers, was dit 'n heerlike dag om uit te gaan op die see en die mooi blou lug was propvol kleur.
Snaaks hier het die wind net soos in die woestyn by ons gewaai, en alhoewel die sand ook ernstig rondgewaai het, was dit lug nog skoon en nie so vol sand soos dit hier kan lyk nie. As daar wind-werkswinkels was, kon die Abu Dhabi wind gerus daar in die Kaap gaan klasse loop het.
Met Ons Huisie wat defnitief vir my altyd 'n "moet" is, kon mens darem bietjie uitkyk oor die seevoels wat wees die wind maar op die grond gebly het.
Daar was nogal 'n lekker atmosfeer in die klein baaitjie met die studente wat die jaarlikse Akkerjol aan almal met baie oorspronklike segoed probeer verkoop het en die skolier van die private skool of Melkbosstrand wat met oorspronklike baniere tussen die twee dorpe langs die see gestap het om geld in te samel.
Ai hier tussen die rotse en strand het ons as kinders ook baie gespeel en vissies gevang.
Een dag was nie genoeg nie, maar ten minste kon mens die regte see-batterye 'n bietjie laai tot 'n volgende keer.
Lekker bly!