En aan die einde van hulle laaste Gr 7 kamp is daar groot vreugde vir alles wat nuut, opwindend en 'n uitdaging is vir wat nog voorle. Ek deel hulle vreugde vir alles wat die Here vir hulle en vir my in die toekoms beplan!
Saturday, November 12
Goeie terugblik en onthou
En aan die einde van hulle laaste Gr 7 kamp is daar groot vreugde vir alles wat nuut, opwindend en 'n uitdaging is vir wat nog voorle. Ek deel hulle vreugde vir alles wat die Here vir hulle en vir my in die toekoms beplan!
Saturday, October 22
Hier wil jy stop ... die Kaasfabriek
Een van my nuwe gunsteling paaie om te ry is die R406 en dis net daar waar ek nog een van die juwele van die omgewing raak ry, die Concordia plaas waar die Kingwill Kaasfabriek is.
Natuurlik is dit die "babatjies" wat eerste aandag trek. Hier word die melk van die Jersey koeie gebruik om die lekkerste kase te maak. Die familie besigheid het in Januarie 2000, op 'n klein skaal sommer in die kombuis begin deur 'n verskeidenheid resepte te toets totdat hulle die perfekte een gevind het.
Zelda is huidiglik die "kaasmaker", wat oorgevat het by haar skoonouers, maar almal spring in om te help wanneer daar tyd en hulp nodig is. Haar regterhand, wat al 12 jaar deel van die kaasfabriek is, is Ngoni wat ook help met die proses.
Die kase het gou gewild geword en was dit nodig om 'n klein fabriek te bou sodat hulle kon byhou met die aanvraag na die kase. Kingwill kaas het ook toekennings gekry vir die kase wat hulle maak. Tans is die kase by 'n verskeidenheid afsetpunte beskikbaar en ook elke Saterdag by die Greyton mark.
Hier is regtig 'n geur vir elke smaak. Net wat mens nodig het in die warm somer maande en kragonderbrekings ... 'n heerlike kaasbord met koue vleise :-) of vir die wat hou van 'n kaas- en wyn kuier. Of ...as 'n geskenk.
Gaan maak 'n draai, jy sal nie spyt wees nie."Die Here het groot dinge vir ons gedoen en ons is vol vreugde"
(Psalm 126:3)
Geniet die res van julle naweek!
Ek praat weer
Sandra
Monday, October 17
Ons gaan see toe
Die pad see toe is nie altyd die N1 of N2 vanaf ander provinsies nie, dis partykeer die kleiner en grondpaaie vanaf die binneland. Dis een van die blessings om naby die berg en die see te wees. Hier van Riviersonderend se kant, is daar verskei roetes en ons vat presies die regte een vir wat ek nodig het om te gaan vis eet. (Ja want visse swem in die see, hulle klim nie berg nie)
Sandra
Monday, October 10
Laaste stasie op die roete (3)
Die spoorlyn mag dalk doodgeloop het hier, maar die mooi is steeds daar en beslis 'n rit werd.
Tot 'n volgende keer
Sandra
Wednesday, September 28
Tussen stasies in die Overberg (2)
Ons doen nog die treinspoor roete net 'n klein entjie vanwaar ek bly.
Die bordjie wys name aan wat nie eers Google kan antwoord nie, alhoewel dit se die twee dorpies le teenaan mekaar. Mens kan skaars die huise van Klipdaale sien, so waar begin en eindig Carolineville en wie was sy?
Hier op Klipdale, stop die trein om nog 'n paar trokke aan te haak. Lyk nie asof iets die trein of werkers aanjaag nie, alles is rustig en behalwe vir die trein, raas die stilte.Sandra
Friday, September 23
Tussen stasies in die Overberg (1)
Thursday, September 8
'n Soet bederfie
Die inleiding waarmee ek wou begin was, wanneer jy in Riviersonderend stop, maak seker dat jy ook opstock vir die pad by Mari's Fudge in die Hoofstraat. Maar as 'n ma/ouma weet ek dat 'n lang pad met gesonde woelige kinders vol soet, kan baie lank word of miskien hou jy nie van deel nie ... wat ookal die rede, die online opsie is selfs beter, want jy gaan beslis meer bestel as net 1 houer en jy kan dit "wegsteek" voordat die kinders van die skool af kom. Loer later aan die einde vir die skakel.
Die winkel begin met 'n storie in 2011. Ses maande swanger met 'n bekommernis om finansieel voorbereid te wees vir die baba se koms. Dieselfde week wat sy God vra om haar te help en lei, trap haar huishulp se man op hulle (die huishulp) se baba hondjie. Christene kom vra hulp en hulle neem "Ounooi" na die SPCA waar hulle twee opsies kry. 'n Operasie vir die gebreekte heup wat R800 gaan kos of hulle moet haar aan die slaap sit.
Mari dink heelaand aan hoe hulle die geld in die hande gaan kry en die volgende oggend bel sy vir Christene om vinnig te kom, hulle gaan fudge maak en in die dorp verkoop. Die golf klub het 'n golfdag en Andre die klubkaptein bied aan om die fudge op te veil en nodeloos om te se hulle maak R800.
Daarvandaan is daar geen einde nie, en 11 jaar later het sy 4 plaaslike mense wat saam met haar 2 ton fudge elke maand maak. Jip 2 ton, dis baie!
Hulle voorsien aan oor die 250 winkels en maak ook hulle eie kondensmelk om die fudge te maak.
Die moeilikste deel is om te besluit watter een jy wil proe. Die "Crumbly Caramel" Fudge gemaak met die heerlike selfgemaakte kondensmelk, die "Chocolate Crumbly" Fudge met die kondensmelk en donker kakao, die "Honey Crumbly" fudge gemaak van kondensmelk en fynbos heuning of die "Salted Popcorn Brittle" met donker sjokolade en almond of cranberry by.
Ek weet net een ding, en dit is dat jy dit moet proe. Fudge is nie die maklikste soetgenot om te maak nie, dit vat werk en hier by Mari's is daar 'n toegeweide span wat dit met die hand maak vir ons wat hou van 'n soetdingetjie of twee.
So moenie volgende keer net deurry nie, stop vir daai bederfie of bestel hier by Mari's (kliek op hier)
"Soet soos heuning is vir my U woorde,
nee, soeter as heuning, want hul gee my raad ..."
Lekker dag vir julle
Sandra
Saturday, August 27
Laslappie en kwilt wereld
Ek is tans handeviervoet binne in die geskiedenis boeke besig om stories en feite rondom die dorpie Riviersonderend op te lees. Dit hou my lekker positief besig want ek kry die geleentheid om met "ouer" inwoners te sit en gesels oor dit wat hulle onthou en ek sal jok as ek se ek geniet dit nie.
As jy nou in die rigting van die dorp ry, is die pragtige lappieskombers landskap die eerste indruk van die dorp en sy omgewing. Wat ek van lappieskombers weet is gevaarlik min - natuurlik het ek al foto's van 'n lappieskombers gesien en stories oor die maak van 'n kwilt in Amish boeke gelees, en dis sover my kennis strek. Mmmm miskien nie heeltemal nie, ek weet dis harde werk om een te maak, en ek weet dat die eindproduk ongelooflik mooi is - net soos die huidige landskap op die oomblik.Dis net hier waar ek besef kwilting is nie geskiedenis nie, dis baie aktief en lewendig hier in Riviersonderend en baie gewild onder vroue ouer en jonk. Laat ek net 'n bietjie geskiedenis ook ingooi - kwilting het sy ontstaan in Swede rondom 1500 gehad en die oudste kwilt wat ontdek is, was in 'n Egiptiese graf van die 1700. En hoor dit ... die duurste kwilt, die "reconcillation quilt" is in 1991 vir $264 000 aan 'n museum verkoop. Kan jy dit glo, meer as 4 miljoen rand vir 'n kwilt.
Hier op die dorp is 'n besonderse klein winkel met die naam Quilt Den. Dis in die hoofstraat, maar jy gaan dit nie sommer net raak ry nie - jy moet by die restaurant Vn'Desden stop en deur die restaurant loop om daarby uit te kom. Daar is 'n 99% kans dat jy vir Petro, die eienaar van Quilt Den daar gaan kry besig om aan 'n kwilt te werk.Saturday, August 13
Pssst, het jy hierdie een gehoor?
Psssst, het jy die storie gehoor ... is seker nie hoe hulle 'n storie in die 18honderds oorvertel het nie, maar ek kan 'n prentjie rondom 'n kampvuur, langs 'n wa of rondom 'n tafel in 'n kombuis sien terwyl die nuus gedeel is.
Net so 'n entjie tussen Riviersonderend en Swellendam, by die Sonderend Rivier, le Stormsvlei. Vroeer jare was dit die plaas Avontuur. Rondom 1841 koop 'n silwersmit van die Kaapkolonie en sy broer die plaas. Hulle laat hul neef William die plaas bestuur, maar nie vir lank nie, want in 1845 erf hy al sy oom se eiendom, die plaas ook. Vir 20 jaar boer hy as oujongkerel op die plaas totdat hy in 1864 met 'n weduwee trou.
Sy, Annie, se eerste man het so 'n paar jaar tevore selfmoord gepleeg. Die huwelik hou nie lank nie, want in 1871 word William in die ou Stormsvlei Inn vermoor en verloor Annie weereens 'n eggenoot weens onnatuurlike dood. Sy het die plaas nog vir 'n paar jaar alleen bestuur voordat sy dit verkoop en saam met haar kinders Kaap toe trek.
Die moordenaar van William is nooit gevind nie, en tot vandag is daar 'n groot misterie rondom die dood van beide haar mans. Mens kan jou net indink hoe die storie stertjie gekry het met elke oorvertel. Met ons almal se kundigheid na baie episodes van Blue Bloods, NCIS, FBI ens, sou ons 'n fees gehad het met die oplos van die vrae.
Die handelspos van destyds met 'n poskantoor, kerk, ens. is pragtig reggemaak deur die huidige eienaars, maar dit wys ek op 'n ander dag.
"Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk" 1 Korintiers 16:13
Mooi dag, ek praat weer
Sandra
Thursday, August 4
Kop skoonmaak op die stoep
Net so 'n klein entjie, die agterstoep van waar ek bly, is die Bontebok Nasionale park. Dus toe die geleentheid kom om weer daar te gaan besoek afle, was ek opgewonde.
Sandra