Ons doen nog die treinspoor roete net 'n klein entjie vanwaar ek bly.
Die bordjie wys name aan wat nie eers Google kan antwoord nie, alhoewel dit se die twee dorpies le teenaan mekaar. Mens kan skaars die huise van Klipdaale sien, so waar begin en eindig Carolineville en wie was sy?
Hier op Klipdale, stop die trein om nog 'n paar trokke aan te haak. Lyk nie asof iets die trein of werkers aanjaag nie, alles is rustig en behalwe vir die trein, raas die stilte.Ek dink dit was vroeer die stasiegebou en mens voel half hartseer oor hoe dit nou lyk. Ek kan my net indink hoe dit in die beginjare gelyk het.
Net so langs die stasie is die ou huis, miskien die stasiemeester sin? Dis net hier waar my kop weer die gedagte van 'n treinrit en piekniek optel en nog verder uitbrei. Die ander kant van die huis wat op die spoorlyn uitkyk is bietjie toegegroei so mens kan nie foto's neem nie, maar ek sien 'n teetuin. As die trein stop met sy "Overberg toeriste", kom hulle in die tuin sit en kan kies van koffie en tuisgebak, of selfs 'n tradisionele ete om die gevoel van die dorp en platteland te kry. Sien jy dit saam met my?
'n Aktiewe skool wys dat daar nog jong mense in die dorp is en die dorp waardeur ons ry na die skool toe, is skoon en netjies. Klipdale het ook baie baie jare terug een van die grootste plaasskole in die omgewing gehad.
En net omdat my teetuin nog nie daar is nie, moet ons by die winkel/poskantoor stop vir 'n drinkdingetjie en dan is dit verder na die volgende treinstasie ....
"Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou
Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God
in Christus Jesus oor julle
(1 Tessalonisensie 5:16-18)
Lekker dag, ek praat weer
Sandra
No comments:
Post a Comment