Die pad see toe is nie altyd die N1 of N2 vanaf ander provinsies nie, dis partykeer die kleiner en grondpaaie vanaf die binneland. Dis een van die blessings om naby die berg en die see te wees. Hier van Riviersonderend se kant, is daar verskei roetes en ons vat presies die regte een vir wat ek nodig het om te gaan vis eet. (Ja want visse swem in die see, hulle klim nie berg nie)
Ek is gewoond aan kraanvoels wat saam met die skape kuier, maar hierdie is een van die grootste swerm (is dit die regte versamelnaam?) kraanvoels wat ek al sien uithang het met skape. Dit lyk asof die leier gehoor het van die haan wat op die mishoop staan.
Met 'n toet probeer ons die vergadering omvergooi, maar die leier verander net van posisie terwyl die ander doodstil staan. Die heel pad het mens hierdie pragtige prentjie van verskeie groen / geel met kraanvoels, skape en oulike lammetjies.
Struisbaai is pragtig en rustig en dit wil wil somer word alhoewel die lente nog sukkel om kop uit te steek. Nog een wat besig is om ander toe te spreek. Die voels weet defnitief iets wat ons nie weet nie. Ons luister maar en los hulle uit om die vis te gaan eet waarvoor ons gekom het.
Soo lekker om Struisbaai te geniet voordat dit somer en vol van toeriste is.
Ons gaan draai 'n entjie verder waar die water meer stormagtig by Kaap Agulhas en die skeepswrak van die Meisha Mari wat in 1982 gestrand het. Wonder of hulle nie die vuurtoring se lig raakgesien het nie en wat die rede vir die stranding was.
Die Here is my lig en my heil; vir wie sou ek vrees?
Die Here is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
(Psalm 27:1)
Mooi dag vir jou, ek praat weer
Sandra
No comments:
Post a Comment