Showing posts with label basketball 2011. Show all posts
Showing posts with label basketball 2011. Show all posts

Tuesday, June 21

Onnies teen die Leeus

Soos die tradisie is, het die juffrouens verlede week vir oulaas die jaar, teen die Varsity dogters basketbalspan gespeel. Natuurlik is dit 'n baie goed beplande wedstryd. Nie net wag die onnies totdat die regte seisoen klaar is nie, maar wag hulle ook totdat meeste van die skoolspan of net klaar is met eksamen of besig met eksamen :-).


DSC_0193


Volgens hoorse het die klomp al 'n hele klompie oefeninge agter die blad voor die wedstryd datum. Hulle het ook seker gemaak dat hulle 'n groot groep het sodat daar elke paar minute vars bene kon opkom. Hier voor die wedstryd is hulle ernstig besig om taktiek te bespreek.


DSC_0194


Die dogters, veral die Graad 12's wat spesiaal skool toe gekom het al is hulle al klaar met skool, is bietjie onseker oor hulle fiksheid maar sien uit na die wedstryd.


DSC_0195


Nr 25 (lees Nelmari) kry vir oulaas kans om die bal in haar laaste wedstryd te wen.


Page1


Die leeu is ook daar om sy span te ondersteun en die kleintjies het meer vreugde met hom as om te sien hoe hulle "miss" se span verloor.


DSC_0204


Nelmari gereed om haar laaste doel in 'n skoolwedstryd te gooi.


DSC_0209


Alhoewel daar 'n paar krap merke was, was die wedstryd relatief "skoon" teen vorige jare en is geen tandemerke gevind nie :-). Die varsity span behaal 'n weghol oorwinning in 'n wedstryd wat in baie goeie gees gespeel is.


Goeie wedstryd net soos my span wat Saterdag lekker gewen het!!


Sunday, March 20

Alles het ‘n einde

‘n Naweek wat die einde van ‘n klomp goed gebring het en natuurlik lekker sport uitslae vir my met die Proteas en Stormers wat ook hulle ding gedoen het.

Page2

Eerstens was dit die laaste wedstryde van die seisoen met die ISAC toernooi in Oman. Die span het 'n goeie UAE seisoen agter die rug en die span se nuwelinge het geweldig ontwikkel, dus het almal versigtig opgewonde uitgesien na die toernooi. Nelmari wat vanjaar haar sport mooi moes balanseer met die laaste jaar van IB het self 'n goeie seisoen gehad en sy wou so graag haar laaste wedstryd met 'n wen afsluit.

DSC_0066

Waar ons in SA gewoond is aan interskole toernooie, kan Nelmari regtig geseend voel met al die geleenthede wat sy deur die jare gehad het. Met haar lengte ‘n groot voordeel, het sy reeds haar skool in Graad 5 by ‘n internasionale toernooi in Cyprus begin verteenwoordig. Hier is die span met uitsondering van die een met die kortbroek, reg om lughawe toe te gaan.

DSC_0068

Hoekom mens dit hou weet ek nie, maar sy het al die toere se vliegstrokies gehou. Sedert Graad 5 was sy in Cyprus (1x), Kuwait (2x), Qatar (2x), Syria (1x), Egipte (1x) en Oman (x5). Toernooie is in die jare ook weens onrus en oorloe partykere afgestel.

DSC_0020

So ‘n hele klompie jare het James hulle se span die leeus op die gym se mure geverf en met William se kuier hier in Januarie, het ons die “laaste” foto van die drie saam met hulle afrigter by dieselfde leeus geneem. Tim het op een of ander stadium die laaste 13 jaar ten minste een Holloway in sy Varsity span gehad en ‘n groot rol ook in die kinders se “sportontwikkeling” gespeel.

DSC_0069

En wat 'n lekker manier om mens se skool sportloopbaan mee af te sluit, die Varsity Basketball kampioene vir 2011!!!

En nou is dit die einde van 'n era van soos hy (Tim die afrigter) dit noem "the Holloway clan" wat skoolsport betref. Ek weet nie of ek bly of hartseer is nie. Maar nou le die universiteit sport voor :-).

GO LIONS!

Thursday, February 10

September in Februarie

Dis nou September hier in ons Februarie as mens die dol tyd wil probeer verduidelik. Die dag waarop ek teruggekom het van SA, is ook die dag wat Nelmari met haar rekordeksamen begin het en dit beteken net een ding, die skooljaar vir haar en skool is nou ampertjies klaar.

DSC_0032

En na twee weke van eksamen was dit tyd vir die neem van die "graduation" foto's en wat 'n ding is dit nie. Griet dis amper erger as om 'n rok vir die prom (matriekafskeid) te kry want net vir die fotonemery moet daar 'n rok wees - wat niemand kan sien nie want hulle dra die jas. EN natuurlik met 'n rok kom skoene want dit gaan ten minste uitsteek op die foto. Daar gaan seker nou ernstig gesoek word na 'n ander rok wat weereens onder 'n rok gaan wees vir die amptelike graduation begin Junie. Hier het van die meisies 'n net 'n bietjie pret tussen die foto sessie.

DSC_0080

Nelmari het ook nog nie opgehou met sport nie en met geen oefening tussen die eksamens deur nie, het hulle hul aartsvyand van jare aangedurf. Vir julle wat die blog volg sal weet dat vandat ek begin vertel het van die kinders se sport, hulle nog nie vir ACS kon wen nie, al probeer hulle hoe hard en al speel hulle beter.

DSC_0089

Hierdie keer was die planne gemaak en sou dit nie lekker wees om jou Graad 12 jaar af te sluit met 'n wen nie. Na die eerste kwart is die telling 6 - 6 en na die eerste helfde loop ons voor 20 - 12.

DSC_0093

'n Mens se lengte kom nogal handig te pas. Die derde kwart eindig met ons wat 18 - 25 voorloop.

DSC_0108

Die gedugte verdediging van die drie Suid-Afrikaners in die span het dit nie maklik vir die kompetisie gemaak nie.

DSC_0120

En na al die harde speel is dit moeilik om die vreugde te keer - uiteindelik sit ons die Viper ore aan! Nie 'n weghol oorwinning nie maar 32 - 27 is nie te sleg nie.

Baie geluk Lions! Wat se jy William?

Go Lions!

Wednesday, November 24

Nuwe sportseisoen skop af

Dis heerlike winterweer op die oomblik en ons temperatuur was vandag die eerste keer in 'n lang tyd onder 30 grade wat dit regtig lekker maak. Saam met die winter kom die nuwe basketbalseisoen. Kan nie glo dis Nelmari se laaste sport by die skool nie en vandag het hulle afgeskop met 'n wedstryd teen Choueifat.

Page1

Met nog net 'n week se oefening het ons nie regtig geweet wat om van die meisies te verwag nie, maar met die opwarming het ek kon sien dat veral die Graad 12's redelik opgewerk is vir die seisoen.

Page2

Die hele beginspan het baie goed gespeel en op 'n stadium het ons lelik geskrik met Nelmari wat plat was - almal het half die knie ongeluk herroep, maar na 'n kort rustyd en behandeling het sy weer gespeel. Op verdediging het sy, ook danksy haar lengte mooi verdedig.

DSC_0057

Maar met die vertroue van die knie wat nie teveel skade opgetel het nie, het sy so gou-gou mooi doele begin skiet. Die nuwelinge in die span het nog nie veel oefening of speeltyd gehad nie, maar ons ou lede was regtig goed en het die wedstryd 39 - 7 gewen!

GO LIONS!