Wednesday, May 5

Skooljaar se einde en toekennings

Die "laaste" maand van skool vir die kinders hier in die duine voor die eindeksamen en drie maande skoolvakansie aanbreek.

Page1

Voor die sporttoekennings week is daar 'n "spirit" week gehou - ons het dit sommer op skool "groot brag" genoem. Vir die hele week het die kinders aangetrek volgens dag-temas. Die laaste dag was pajama-dag en Nelmari se dit was baie lekker om in haar slaapklere en pantoffels skool toe te gaan.

Page1

Met die sporttoekennings het dit goedgegaan en die Varsity basketbal, varsity volleyball en nr 25 het medaljes en sertifikate gekry. Weereens het ons SA kinders uitstekend gedoen en was daar baie op die verhoog wat toekennings gekry het.

DSC_0207

Geluk Nelmari ons is baie trots op jou! Nou is dit net daai IB eksamen wat voorle.

13 comments:

Desia said...

Baie geluk en sterkte met die eksamen. Dan nog net een jaar van skool oor?

Charmaine said...

Baie geluk my ander dogter. Jy gedra jou knap!!!

Thea said...

Baie geluk met die toekennings Nelmari en sterkte met die eksamen wat voorlĂȘ!

William said...

Good job numba 2, its times like those you remember the most. See you soon

retha said...

Baie geluk Nelmari.

Hoop die leer kan so maklik kom soos die fun en sport. Sterkte vir ma en kind met die eksamen.

Sandra said...

Dankie Desia en ja vlg jaar Mei is skoolgaan verby :-)

Dankie maat. Ja jy's die een wat altyd haar kant kies :-)

Dankie Thea. Nog niks nuus nie?

Sandra said...

Sien ook uit om jou bietjie by die huis te he seun!

Ek's 'n slegte ma met die studies Retha, hulle moet dit self doen. Ek's gelukkig om nie teveel daaroor te stress nie. Nelmari hou amper meer van skool as wat sy van haar sport hou --- ja ek weet dis nie normaal nie :-)

Ronelle said...

3 maande skoolvakansie?? ek sal nou kan doen met 3 maande vakansie..

Nelmarie geluk met al jou toekoennings en sterkte met die eindeksamen. En wat 'n lekker vooruitsig na jou laaste skooljaar!

Sandra, jy het mos gese wanneer Nelmarie klaar is met skool trek julle terug Kaap toe. So ek moet begin uitkyk vir 'n huis so @ einde Mei volgende jaar??

Nimsi se Blog said...

Baie baie geluk Nelmari, sterkte met die exams!

Sonja said...

Baie geluk Nelmarie!

Sandra said...

Nee ou nig jy's gedurig op vakansie. As jy alles bymekaar tel is dit meer as 3 maande :-).

Baie dankie Nims en Sonja!

Thea said...

Dinge lyk nog steeds baie positief na die onlangse besoek Sandra!

nikita said...

Baie baie geluk!