Saturday, May 15

Leer om slim te wees

Maak nuwe ontwikkelings kinders van vandag slimmer as wat ons was toe ons jonk was? Of was ons ook "slim" met die tegnologie wat toe beskikbaar was? Ek staan gisteraand en luister by die kindergroep hoe drie 9-jariges praat. "Ek ken daai website ... het jy al na hierdie een toe gegaan?" Jinne ek het nie eers geweet van internet nie en is maar vandag steeds dom met nuwe tegnologie. Is dit al die "dinge/goeters" wat dit vir mens makliker maak om "slimmer" te wees in vandag se lewe?

Page1

Verlede naweek het ek 'n kursus oor Immergroen Ouerskap bygewoon. Al is al my kindertjies groot, werk ons nog steeds moet kinders en het ons gedink om bietjie "tips" te gaan vang en sommer te kyk of ons reg gemaak het in die proses om ons kinders groot te kry. Daar was heelwat jongmamma's met baba's wat die twee potensiele oumas net wou laat vashou het. Is dit nie 'n blessing dat hulle die geleentheid het om te leer/hoor wat die beste manier van kinders hanteer kan wees nie?

Page2

Maar eers moes ons as ouers onsself vind en was dit nou interessant. Om ons kinders te verstaan moet ons onsself verstaan en Jean ons kursusleidster van SA het hopies met karaktereinskappe uitgepak en almal moes hulle self gaan soek het. Party het hulleself sommer gou gekry en ander het maar ernstig rondbeweeg.


Page3

Na die tyd is die kenmerke van die verskillende "bome" bespreek en hoe ons meestal optree. En ons kon nie eers se dis verkeerd nie want meeste van die tyd was dit 100% in die kol. Praatjies en besprekings het gevolg en ons het ook ons eie kinders geidentifiseer en wat die beste manier is om hulle te hanteer. Dit was darem lekker om te sien dat ons "ouer" mammas ook baie keer die regte besluite geneem het sonder werkswinkels en boeke.

Page4

Aan die einde van die kursus kry elkeen wat wil ook die kansie om 'n kersie aan te steek waarin ons 'n belofte maak dat ons ons kinders volgens God se woord sal grootmaak vir Sy koninkryk.

Julle kan gerus by hulle webblad hier gaan inloer - daar is oulike praatjies, boeke en raad ook vir tuisskoling.

Lekker naweek en ek hoop die beste span wen!

8 comments:

Desire Fourie said...

Baie interessant Sandra, hou van die idee met die karaktereienskappe op kaartjies sodat elkeen homself kan identifiseer.
Mooi bly
Desire

Desia said...

Dit klink interessant Sandra, my sus in SA het dit ook al genoem, gaan nou bietjie meer uitvind.

Mariette said...

Kyk as dit by kinders groot maak kom, is al die inligtig en riglyne wat mens kan kry om mens te help om 'n gebalenseerde ouer en kind te wees al te welkom.

lekker week.

Sandra said...

Desire dis nogal interessant om mens self so te sien. Met maats rondom die tafel wat my ken is ek sommer gou-gou geidentifiseer :-)

Dit was Desia. Laat weet wat jy daarvan gedink het. Daar is ook oulike dvd's en boeke beskikbaar.

Volgende keer kom jy saam Mariette, jy sou dit baie geniet het. Koffie hierdie week?

Thea said...

Dis vir my ook nuus dat 9-jariges al webtuistes besoek! Lyk my ek raak agter! :-)

Klink na 'n baie interessante kursus. Om kinders groot te maak én dit reg te doen is so 'n groot verantwoordelikheid en al is ons kinders dalk groot is die rol wat 'n oupa en ouma in hul kleinkinders se lewe speel ook baie belangrik.

nikita said...

Dit lyk of dit heerlik/interessant was. Met vandag se tegnologie in die skole is dit soort van algemeen dat die kinders op daardie ouderdom die internet ken en goed kan "surf" :) Gaan kyk na hierdie een vir heel kleintjies en jonger kinders tot so ouderdom 9/10
https://www.bbc.co.uk/cbeebies/

Sonja said...

Ek weet ook van hierdie immergroen ouerskap,en hulle webtuiste is baie oulik. Dit is wonderlik om te hoor dat hulle tot daar by julle was!

Sandra said...

Thea gee vir 'n kleintjie 'n remote ipv 'n speelding en sien dat hulle onmiddelik weet wat om met die knoppies te doen :-)

Ai Nikita eintlik wil mens nie he dat hulle die internet so goed moet ken nie. Een kind het eendag by die kinderkerk gese toe daar gevra word waar kry mens 'n "boodskap/versie" - op die internet ...


Dis lekker om allerhande leiding te kry Sonja, maar so het elkeen van ons sy eie manier van doen en as mens terugkyk is/was dit nie altyd sleg vir ons kinders nie. Ek's mal oor die manier waarop jy jou kleingoed grootmaak