Saturday, April 24

Is dit al soveel jare later

Dit voel regtig soos nou die dag dat ons nog vir klein Emily probeer melkies gee het. Die klein meisie het 'n baie sterk wil van haar eie gehad en wou slegs haar mamma se melk he en ons kon regtig op ons kop staan aan die begin sy het net geweier.

DSC_0016

Nou is dit vier jaartjies later en ons hou partytjie. Alhoewel sy nou makliker van ons kos vat :-), is sy nog steeds 'n klein meisietjie met 'n baie sterk wil en persoonlikheid van haar eie. Nelmari kry dit reg om haar te laat lag vir die tannie met die alewige ou kamera.

Page1

Dis speletjiestyd en die maats is baie geintereseerd in wat Marina vir hulle gaan laat speel. Kyk net hoe groot het ons "ander" kleinkind Jennifer ook geword.

Page2

Nelmari en Elriza bestudeer ernstig die gesigverf voordat hulle op die klein dogtertjies se gesiggies begin teken.

Page3

Dan is dit weer speletjies tyd en nou is die verjaarsdagmeisie al hartlik moeg van alles. Wys net mens moes 'n bietjie gerus het toe mamma gese het jy moet. Ons groot meisies, Nelmari en Elriza wys en speel ook saam.

Page4

Siende dat mamma 'n Saffer is en pappa van Mexico is dit belangrik dat 'n paar mexikaanse tradisies ook gevolg word en hier is die kinders besig om 'n "pinata" te slaan vir lekkergoed terwyl van die Mexikaanse gaste 'n tradisionele liedjie sing.

Page5

En dan eintlik is die lekkers orals oor die vloer en almal gryp handevol. Selfs Elriza tel op :-).

DSC_0084

Die verjaarsdagmeisie en haar maatjies blaas ook seepballe.

DSC_0099

Dan is dit tyd vir die verjaarsdagkoek en kersiesblaas. Nelmari se pienk en pers prinses koets het toe baie mooi uitgekom. En natuurlik was daar interessante Mexikaanse en Suid-Afrikaanse eetgoed.

Page6

Klein Dante het alles met 'n baie vrolike gesiggie dopgehou en ek's seker hy het gedink hoe hy gaan koek eet op sy eerste verjaarsdag nog 'n klomp maande ver.

Page7

Daarna 'n die verjaarsdagmaatjies cupcakes wat Nelmari gebak het versier en dit was 'n lekker soet gemors.

DSC_0146

Vir oulaas 'n glimlag vir die kamera saam met Nelmari. Ons wens jou 'n wonderlike jaar toe klein Emily, ons is baie lief vir jou.

Lekker naweek julle almal


6 comments:

retha said...

As so n klein mensie na al die gepartytjie nog so mooi kan glimlag moes dit voorwaar n wonderlike dag gewees het.

Charmaine said...

Baie geluk klein Emily. Ons het heerlik saam partytjie. Dankie vir die fotos maat. Dis goeie herhinneringe vir nou en eendag

Charmaine said...

Baie geluk klein Emily. Ons het heerlik saam partytjie. Dankie vir die fotos maat. Dis goeie herhinneringe vir nou en eendag

Thea said...

Dit lyk of daar lekker partytjie gehou is en die verjaarsdagmeisie is die pragtigste ou dogtertjie. Dit moes nou 'n interessante storie gewees het so met die Meksikaanse tradisies. Te oordeel aan klein Dante se gesiggie,lyk dit of hy homself ook gate uit geniet het.

Sandra said...

Retha welkom terug! Ek dink dat sy teen daardie tyd al mooi deur die moegheid gewerk het en soos hulle se tweede asem gekry het.

Ons Abu Dhabi kleinkinders word groot maat :-)

Hy's die vriendelikste klein dingetjie Thea. Wat ek so met die verskillende tradisies sien is dat 'n partytjie vir 'n kleinding fun is ongeag waarvandaan en dat hulle so maklik met enige ander maatjies kan kuier en speel.

Sonja said...

Ek is heeltemal laaaaat,maar baie geluk met die pragtige verjaarsdag maatjie se groot dag! Sy het die mooiste rokkie aan!