Friday, April 30

Reenboog skool

Verduidelik nou vir iemand hier wat is ons nasionale drag of amptelike taal ens en jy kry hierdie frons wanneer die syfer 11 gebruik word. Hoe kan mens 11 van alles he en nog in vrede saamlewe? (Ons doen nie regtig so goed daarmee nie). Net 'n paar daggies terug vertel ek vir Nelmari hoe geseend sy is om vanaf KG (kindergarten) tot Graad 11 in dieselfde skool te kan wees en op hulle internasionale aand hoor ek dat hulle vanjaar skoolkinders van 56 nasionaliteite vanjaar het! 56!!! dis nie sommer bietjie nie. So hoe kry jy die skool om dieselfde trots te he as daar soveel verskillende gebruike, tradisies, geskiedenis ens is.

Page1

Die laaste drie jaar het hulle begin om 'n internasionale dag/aand te hou waar almal wat wil ietsie van hulle land wil kom "af show" vir ander om te sien. Daar is gesing en gedans deur baie van die lande.

Page2

Dis vir my goed om te sien hoe die kinders al sit hulle in die buiteland nog hulle eie tradisionele dansies kan doen.

Page3

Elke item, goed of sleg is met 'n gejuig begroet en al was elke item van 'n ander land, was die toeskouers van een skool.

Page1_0

Nelmari, een van die lede van die internasionale komitee het darem so elke nou en dan iewers agter 'n gordyn verskyn, terwyl hulle gewerk het en partykeer het sy net haar arm uitgesteek vir 'n foto :-).

Page5

Na die sing en dans is die verskillende lande se nasionale drag tydens 'n modeparade gewys.

Page6

Iemand wat wil raai van watter lande hierdie kinders is?

Page7

Klein en groot het aan die modeparade deelgeneem en elkeen was trots op hulle land.

Page8

Party van die rokke was baie mooi. Soos altyd het ek gewonder hoe die Suid-Afrikaners hulle nasionale drag sien :-).

Page9

Hier in die UAE is die Saffers-drag beslis 'n rugbyhemp en die twee manne het ernstig probeer "cool" lyk.

Page11

Maar nog was dit nie die einde van die aand nie en het elke land stalletjies gehad waar hulle tradisionele kosse vir proe gehad het.

Page12

Natuurlik sou ons die stalletjie wat biltong, droewors, vetkoek en maalvleis, malvapoeding, melktert ens ondersteun. Die ambassadeur se vrou en haar dogters het die stalletjie beman en kyk net hoe skuldig lyk Elriza...wat eet jy hm?

Was lekker om so saam met al die ander te kuier en lekker om so trots te wees op al ons SA-kinders.

5 comments:

Thea said...

Mens kan amper nie dink dat daar soveel nasionaliteite in een skool verteenwoordig kan wees nie. Sal interessant wees om te weet hoe die kinders dit ervaar. En tog glo ek doen tieners maar almal min of meer dieselfde goed oral in die wêreld... Mxit, Facebook ens ens.

Ek sien Nelmari se laaste skooljaar is in sig?!

Sandra said...

Gelukkig het ons nie Mxit hier nie Thea maar Facebook ja.

Ja sy het nog net 'n paar maande van skool oor Thea

retha said...

Kleurvol inderdaar.
n Arm is seker beter as niks vir n ma wat bekend is vir baie foto's neem.

Sonja said...

Dit is omtrent n spoggerige geleentheid!

Sandra said...

Ek dink ook so Retha :-)

En lawaaierig Sonja maar iets wat die kinders geniet. In normale skoolure mag seuns en dogters nie meng nie, so dis nog 'n rede hoekom almal die funksie bywoon :-)