Wednesday, April 21

Rondom die water

Terwyl James en Leane in Mauritius "watertrap" en Eddie en William by die Kaapse see rondhang, het ons darem ook by die water gekuier.

Page1_0

Tydens ons trippie na Fuijerah het ons besluit om "waaghalsig" te wees en op een van die bootjies tot by die eiland te vaar. Groot was die verrassing toe dit net ons in 'n motorboot is met 'n gemeet-aan-die-land-se-standaarde-omstuimige-see. Ek moes maar mik met die kamera en hoop dis 'n prentjie van die see en/of mense en nie die water wat opspat teen die boot nie.

Page2_0

Die eilande was redelik beskerm teen die wind en dit was regtig pragtig daar. Dis 'n baie lekker plek om te snorkel. Ons was deurgestamp en baie bly om weer terug te wees op land.

Page3_0

Die aand was die twee meisies heeltemal uit hulle nate en het gewawiel op die gras en sand. Was nie lank nie of een van die "see"katte kom soek aandag by Nelmari en daarna het sy ons die heeltyd gevolg. Foto regs onder kan julle haar in die hoekie sien saamstap langs die see. Wens ek kan iets doen aan hierdie diere-magneet wat Nelmari het ....

Page4_0

So lyk die dorpie van Khor Fakkan waar ons gebly het. Dis pragtig so met die see en berge en mens kan amper dink jy's by die huis.

Page5

Baie groot skepe vaar langs hierdie kus verby en dis seker al aanduiding dat dit regtig oopsee is en nie 'n dam nie. Miskien is die krappe ook 'n teken ... kyk net hoe groot is hulle.

Lekker res van die week vir julle!

Liefde

8 comments:

Sonja said...

Dit is die mooiste foto's! Ek hou van die "nuwe maatjie" wat Nelmarie het! Sy moet regtig eendag met diere werk, sy het dit!!

Thea said...

Nuuskierige agie moes nou eers na 'n kaart van die UAE gaan kyk om te sien waar Khor Fakkan lĂȘ. Dit lyk regtig na 'n baie mooi plekkie en dit lyk of julle 'n heerlike tydjie daar gehad het! Ek stem nogal saam met Sonja dat Nelmari dit moet oorweeg om met diere te werk eendag.

Sandra said...

Die diere volg haar Sonja. Net verlede week het iemand 'n katjie van 2 weke in die asdrom voor ons huis kom sit en toe is dit bottelvoeding en alles. Gelukkkig kon ons vir hom 'n goeie huis kry.

Khor Fakkan is die plek as mens wil gaan snorkel Thea en die naaste wat mens aan "UAE platteland" sal kry. Nelmari wil met atlete werk, tel dit? :-)

Thea said...

Hoe ver is Khor Fakkan van Abu Dhabi af Sandra en hoe lank ry mens bv om daar te kom?

Sport is mos ook haar passie. Solank mens dit doen waarvoor jy 'n passie het sal jy altyd gelukkig wees in jou beroep. Maar een ding weet ek... as jy lief is vir diere (soos Nelmari duidelik is) sal jy altyd diere na jou aantrek en diere sal jou altyd aantrek.

Nelmari said...

Nee, ek sal nooit met diere kan werk nie. Ek sal net die heel tyd huil en hul almal huistoe vat. :(

Sandra said...

Dis so drie uur se ry van ons af Thea - wil jy dit inwerk by jou toerprogram :-)?

Jy doen nie nou te sleg om hulle almal huistoe te bring nie sussie.

Charmaine said...

Dit was 'n heerlike naweek meisies en ons sal verseker weer so maak.

Sandra said...

Solank mens net nie weer aan die ontbyttafel aan die slaap raak nie maat :-)