Ons bestemming was Fujairah en hierdie emirate is die enigste een wat nie teen die Arabiese Gulf gelee is nie en dan het dit ook die mooi anderste Hajar bergreeks. Die arabiere kan hulle geskiedenis terug nagaan tot die 17de eeu en vanaf Yemen wat hulle rondom 570 in die area kom vestig het. Die “stamvader” was Abdulla bin Mohammed Al Sharqi wat hard baklei het om die vier tribes in die gebied te verenig. Die oupa-grootjie van die huidige sheikh het die stamvader in 1888 opgevolg en hy was die heerser tot in 1932. Lank ne!? Hy het hard baklei om sy mense van die Brits beheerder Sharjah los te kry. Daar was selfs ‘n aanval deur die Britse vloot in 1925 op die kasteel wat 90 min geduur het en die skades kan nog vandag aan die fort en muur gesien word.
Oppad na Dhiad toe is die baie bekende en gewilde Friday Market waar mens regtig vir enige iets kan stop. Matte, speelgoed, vars vrugte en groente, plante en pottery. Die winkels het al baie uitgebrei en meer geword vandat ons die eerste keer gegaan het, maar dis altyd lekker om op die kleurvolle straatmark op die lang pad af te kom.
By een van die hotelle kan mens altyd lekker eet op die see en dis dan ook ons middagete stop. Hulle is besig om bietjie die plek op te gradeer maar dit gee ons nog tyd om ietsie te drink en te eet en van ons om langs die see te gaan stap. Hierdie restaurant kan nogal hittig raak in die somer ….
Dan moet mens altyd by die ou Fort gaan stop. Hy staan op so ‘n klipperige koppie met die Hajar berge op die agtergrond.
Die fort is in die 18de eeu gebou en was die blyplek van die heerser van Fuijerah en sy familie. Die fort het beide ‘n vierkantige en ronde toring en mens kan sien hoe dit later jare met klip herstel is. Mens kan nie binne gaan kyk nie, maar dis ook maar goed want dit lyk nie verskriklik veilig nie. Elriza en Nelmari het gaan aanklop vir tee, maar niemand was tuis nie.
Van die ou village huisies se raamwerk staan nog, maar mens kan steeds ‘n goeie idee kry van hoe dit gelyk het. As mens so deur die dorpies ry voel dit baie keer asof die tyd stilgestaan het, maar op die een foto’tjie kan julle die ontwikkeling ver op die agtergrond sien.Op die fort se perseel is ook nog ander geboue en die put waar hulle water gekry het. Ek’s seker die ou fort sal baie stories kan vertel.
Oppad terug huistoe ry mens ook verby ‘n klein village Bidiyah waar mens die oudste moskee in die land kry. Dit word die Ottoman moskee genoem, vernoem na die argitek Othman en nie die Ottoman tydperk nie. Die moskee het slegs een pilaar en geen minaret nie. Hulle vermoed dit is gebou selfs voordat die islamiese geloof in die area aanvaar is. (Hierdie foto's het ek op 'n vorige besoek geneem - onder labels "Fuijerah" kan julle meer van die vorige trips sien)
3 comments:
Wat 'n interessante reis! Ek besef nou hoe min ek eintlik van die Emirate - en veral die geskiedenis- af weet! Hendrik vlieg Saterdag oor Dubai na Bangladesh.. dan Indie, Pakistan en terug oor twee weke. Hy sluit aan by sy niggie - dis haar 2e laaste "highway"- 7 toere van die uithoeke van die wereld na Jerusalem. Hierdie een het in die suidpunt van New Zealand begin. Sal deur haar en Hendrik ook van (vir my) onbekende plekke leer.
(Ek geniet jou blog vreeslik baie - doe so voort!)
Sowaar,dit lyk interessant!Dit is darem n heeltemal ander wereld as Suid-Afrika.
Inderdaad uiters leersaam!
Net gou op opvang en Hello se.
Post a Comment