Wednesday, April 28

Huis en kinders

Die laaste paar weke het dit darem dol gegaan en ongelukkig 'n vakansie by die huis waarna ons uitgesien het, moes uitgestel word. Natuurlik was ons klein bietjie suur vir almal wat langs die SA waters kon wees en het ons hard probeer opmaak met die plaaslike dooie see.

DSC_0007

Oppad terug van die see het ons darem so 'n bietjie SA gehad met 'n besoek aan die eerste Spur hier in die UAE. Ok ek weet baie mense is nie noodwendig mal oor die spur nie, en dis beslis nie 'n plek vir fancy eet nie dis 'n gesinsrestaurant, maar as jy nie naby een is nie, is 'n Spurbesoek iets baie spesiaal.

DSC_0008

As mens mooi konsentreer, dan kan mens amper dink jy's by die huis .... Alles lyk baie dieselfde, selfs die spyskaarte ..... maar en dis 'n groot MAAR van Nelmari, hulle het nie cream soda nie.

DSC_0009

Nog iets wat ons nog meer laat huistoe verlang het, was 'n besoek aan die sirkus. As mens so gekyk het na die klein en groot kinders se opgewondenheid om by die sirkus te wees dan weet jy al het daai ou net Arabies gepraat, maak dit nie saak nie. (terloops al die aankondigings was in Arabies).

DSC_0011

Klein ring en net leeus en slange en mens verlang na die sirkus toe ons kinders was. Was dit soveel groter of was ons net soveel kleiner?

DSC_0205

Terwyl ons hiermee besig was, het William in die Kaap gekuier en Monica rondgewys. Ai dis mos hoe 'n see moet lyk en ruik. Hier soek die twee see diere in die poel

Page1

en dis wat die ou met sy waterkamera afgeneem het.

TM s

Daar is ook ernstig in die Kaap gekuier en rondgewys. Is dit nie een van die mooiste berge ter wereld nie?

Splush s

Mens kan sien julle het die kuiertjie geniet seun en jou kamera, nou dat dit weer 'n battery het neem mooi foto's :-) (jy moet nou nie soos tannie Ronelle raak en die battery pap hou nie ok)

9 comments:

Ronelle said...

Monique & Renier het ook al die Spur gaan besoek MAAR Monique was net so teleurgesteld omdat daar nie creme soda is!!

Tafelberg is die mooiste!!

En Sandra, ek het sowaar gister my kamera onthou en batterye was gelaai toe ek by Rene gaan kuier het :)

Sonja said...

Dit is die mooiste Spur wat ek nog gesien het! En ek is mal oor die Spur,want hier in Lydenburg is dit omtrent ons beste restaurant en die atmosfeer daar is meestal lekker.

Sandra said...

RonelLe ek's beindruk ... maar ek wil die foto's eers sien :-).

Julle sien mos nou daar is 'n mark vir groen koeldrank hier .... wil iemand nie die gaping vat nie?

Dis beslis een van die stilste Spurs wat ek al in was Sonja. Ons gesin het dit altyd net so geniet om in die Spurs te kuier.

Desia said...

Die Spur was ook altyd ons een-maal-'n-maand gesinsuiteetplek in SA. Ek kan nie onthou wanneer laas ek 'n "Monkeygland burger/steak" geeet het nie; het hulle dit nog op die spyskaart?

Sandra said...

Desie dis beslis nie op die UAE spyskaart nie. As die ouens hier kaassous eet is daar kaas in, peppersauce het peper in - kan jy jou hul gesig indink met monkeygland? :-)

Thea said...

Ek's mal oor die Spur se slaaie!

Stem saam... Tafelberg is DIE mooiste berg in die wêreld en oor bietjie minder as 3 maande vat ek vir moeder soontoe vir haar verjaarsdag. Nou wanneer word die uitgestelde kuiertjie nou gekuier?

Sandra said...

Eers die Europa toer in minder as 3 maande Thea :-)

william said...

It seems that i will need to do a quality control test when im there this holiday :-)

Sandra said...

Ek is seker daar is 'n paar ou plekkies wat jy sal wil toets seun :-)