Tuesday, January 30

Sokker koors in Abu Dhabi

Ek's nie 'n groot sokker ondersteuner nie, maar die afgelope week het sokker 'n groot invloed op ons omgewing gehad. Die Arabian Gulf Cup trofee het hier plaasgevind met spanne van UAE, Oman, Kuwait, Iraq, Saudi Arabia, Qatar, Yemen en Bahrain. Sondagaand het UAE vir die eerste keer in 'n semi-finaal teen Saudi gespeel en gewen. Die strate was chaos.

Vanaand speel beide UAE en Oman vir die eerste keer in die 18 jaar bestaan van die trofee in die finaal. Met Oman wat ons bure is, het motors af van vroeg af oor die grens gekom en die strate was vol motors wat duidelik hulle gunsteling span aangedui het.


Hulle ry net so vinnig verby dat mens amper nie kan afneem nie. Ek weet die manne sal geskok wees hoe en waarmee die mense hulle dure 4x4's versier.


Hierdie Hammer het die meeste aandag getrek. Dit is gebruik dat indien een van jou spanne (klub, emiraat of land) wen, dan kom almal wat leef en beef op verskillende plekke in die dorp bymekaar met hulle versierde motors, vorm lang rye en jaag deur die dorp met hulle hande op die toeters. Sondagaand kon ons amper nie slaap nie, en tog as die UAE vanaand moet wen ....





No comments: