Saturday, January 27

Besoek Al Raha Hotel & Beach Resort

Dis Saterdag en nog steeds naweek. Vanaf September 2006 het ons naweke verander vanaf Donderdag/Vrydag na Vrydag/Saterdag toe. Eddie se werk het hulle nuwe sosiale klub hernuwings uitgestuur en ons wou na een van die nuwe hotelle op die lys gaan kyk om te sien of dit die moeite werd is om die lidmaatskap te hernu.

Die Al Raha Hotel & Beach Resort is omtrent 12 km van waar ons bly in 'n nuwe uitbreiding aan die buitekant van die dorp.

Hier is die hotel ingang en die strand gedeelte. Na 'n buitegewone koue winter, lyk dit asof die son nou terug is vir die winter. Ek's seker nie lank van nou af nie, sal ons terug verlang na die bietjie koue.

Die kinder- en volwasse swembad. Nie baie mense in die swembad nie, dit was in die omgewing van 12:00, ek vermoed almal nog in die winkels. Hier begin die mense mos eers laatmiddag lewe.

Die agterkant van die hotel en die binnehuise swembad. Daar is ook 'n groot swembad by die hotel villas maar slegs vir die mense wat daar bly.

Hier is die gym fasiliteite vir die "familielede" wat nou ernstig wil begin oefen. As ek daardie masjiene so kyk, sien ek net hoe sit mens vas as jy nie weet hoe dit werk nie. (Geen kamera sal dit afneem nie)

Die winkelsentrum net langs die Hotel. Hierdie "mall" is nou al maande klaar gebou, maar dis nog steeds nie oop nie. Die winkels wat uitverhuur is, word nog rustig ingerig en toegerig ens. Ek kan net nie dink dat so iets by die huis sal gebeur nie. Hierdie mense ... dis waar die gesegte ..... DOOD rustig vandaan kom dink ek - niks jaag hulle aan nie. (Hulle jaag net wanneer hulle op die paaie jaag)

4 comments:

Anonymous said...

DIt lyk vir my baie onregverdig. Ek moet hierso sit en heeltyd kuier en uitgaan, en julle loop by hotelle rond. :)

Anonymous said...

Ek wonder oor die "heeltyd kuier en uitgaan". Laat weet bietjie wat gebeur by die radio en op kampus seun.

Anonymous said...

Wel di radio en di kampus is bietjie laer op my prioriteite maar ek gaan so nou en dan daartoe. Het my werk by di radio vinnig klaar gemaak en di koshuis gaan aan.
Nadine sĂȘ ook hallo, en kla oor die manier wat ek groot gemaak is. :) iets van nie ordentlike maniere ni

Anonymous said...

Sy moet maar met jou ma daaroor praat :-)