Monday, January 29

Die Nuwe Cornish - Deel 1

Gisteraand het ons bietjie langs die Nuwe Cornish gaan stap. Die weer is nou nog lekker - binne 'n maand of twee kan niemand dit buite waag nie.

Die "nuwe" Cornish is die tweede wat ons het vandat ons in Abu Dhabi bly. Om die waarheid te sê, toe ons 9 jaar terug na Abu Dhabi kom kyk het, was die ou oorspronklike Cornish nog daar en nou is ons by nr. 3. Met elke nuwe een het daar meer motorlane bygekom en is dit dieper in die see ingebou as die vorige een. (Die eerste Cornish wat ons gesien het, was 2 lane na weerskante, die tweede een 4 lane na weerskante en nou is daar twee-4lane na weerskante.

Hierdie paaie is BAIE besig en is daar oral duikwee onder die strate gebou. Die Cornish is 'n hele paar kilometer lank, en ons het so erens in die middel begin en net so 90 minute gestap - met 'n hele ent oor wat nog glad nie geloop is nie.



Die ingang van die duikweg waar ons begin het met sy fonteine. ELKE duikweg (en daar ís 'n hele paar), lyk so.

Binne in die duikwee is daar die mooiste mosaik teelwerk wat tonele van die "ou" Abu Dhabi uitbeeld. Op hierdie foto is dit die ou bote (dhows).


Een van die passasier dhows vaar verby met 'n groot modern passasierskip op die agtergrond. Hier is ook een van die geboue langs die Cornish.

Daar is lieflike sypaadjies om op te stap. Behalwe van die geboue op die agtergrond kyk na die Arabieses vrou met haar abaya (swart rok) en die tekkies onderaan! Ver op die agtergrond die hawe met twee passasierskepe.

Hierdie teetuin het 'n interessante storie. Ons het 'n paar jaar terug lank gewag vir dit om oop te maak en die tuin was direk langs die Cornish. Jy kon by die reeling staan LANGS die see. Vandag is daar 8 motorlane, 'n fietslaan, sypaadjies en tuine tussen die teetuin en see.


Son besig om te sak en die mooiste kleure oor die see.

Die "rusplekke" langs die Cornish! Orals is daar ook sulke klein fonteintjies op die sypaadjie wat 'n heerlike rustige gevoel skep. Ek dink die water gaan wonderlike lafenis vir "koelte" wees in die somer. Dis Nelmari op die foto's.
Die duikweg terug na die motor en die fontein in die aand! Op 'n ander geleentheid wys ek julle die res van die Cornish.
Hierdie foto het niks met die Cornish te doen nie en is eintlik spesiaal vir jou James. William se eerste "aand" agter die stuurwiel in die besige stad (dis nou waarvan ons weet) EN sê hy, sy eerste tonnel!

No comments: