Monday, June 23

High tee op vloer 74

Om na klomp jare in die land nog nuwe plekke te sien en ervaar bly 'n groot lekker en met Elriza se verjaarsdag wou die vroue iets nuuts probeer.  
Page1

Onder groot geheimhouding is die high tea op 'n baie hoe plek gereel en sy het nie eers 'n klein bietjie snuf in die neus gekry nie.  Toegegee ek moes oppad soontoe 'n paar wit leuentjies vertel, maar alles deel van die fun. 
Page2
Die tee en kuier saam met die jong klomp was lekker, maar ek het dit ook geniet om te sien hoe die dorp die laaste paar jaar verander en gegroei het.  Mens kan terugkyk en se "ooo daar was die Ladies Club" of "oooo daar het die kinders vlieer gevlieg jare terug" en nou is dit net 'n gewoel soos hulle nuwe plekke bou. 
Page4

Met al die water/see kan mens eintlik nou regtig sien dat Abu Dhabi die dorp op die eiland regtig omring is met water.  
Page5
En om te dink daai eiland waarop die groot mall gebou is, was destyds net see en dis mensgemaak.  
Page3
En intussen het die verjaarsdagmeisie dit baie geniet!   
DSC_0212
Die 74ste vloer en hoogste uitkykplek in Abu Dhabi, is beslis die beste plek om 'n high tea te hou.   Was baie lekker!

Saturday, May 24

Ons ondersteun by die glow resies


Net so 'n dag voor Will se verjaarsdag hou hulle die glow resies by sy werk en ons ry sommer na kerk om die geleentheid by te woon, want drie van ons vroue neem deel.  
DSC_0122

Verseker nie die "ouer" tannies nie, :-), maar wel die dominee en twee van ons jong mamma's.  

DSC_0133

Die meisies is reg vir die aand wedren ... 
DSC_0135
En Will is reg om die resies te begin.   

Page1

Dis piknag donker en ons kan hulle nie regtig volg nie, behalwe as hulle terug is by die water naby die einde. En natuurlik is die kamera daar.  
DSC_0165

Na die resies en behalwe vir die nat klere, is daai glimlagte nog net so breed.   
DSC_0176

Die twee het heeltyd soet vir hulle mamma's gewag en speel lekker met al die gloei armbande na die tyd. 

DSC_0189

Een van die ligte by die wedren lyk soos 'n groot volstruiseier wat William vashou. 
DSC_0192

Tyd vir bietjie verspot wees ook.  Ek is seker ons gaan nog 'n paar van hierdie wedrenne bywoon sodra dit begin koeler raak weer in die land.  







Friday, April 4

Lekker verjaarsdag


En so is dit die hoeveelste verjaarsdag vir my hier in die woestyn ...

Page2

Saam met 'n paar spesiale mense, gaan eet ons by die golfklub en resiesbaan "braaivleis".

Page3

So tussen geregte deur hardloop ons na die heining om die perde te sien hardloop.  Daar word sommer baie gesels ook.
Page4

Met winter wat einde se kant toe staan, geniet almal die buitewees.

So lekker gewees om saam met julle almal te kuier!

Friday, February 28

Klein Lara in Februarie


Ons klein poplap is nou 10 maande oud en sy word ouliker by die dag.  Hier is sommer 'n paar foto'tjies van die maand Februarie.
Page1

Sy gaan sommer 'n groot plaatjie wees kan mens nou al agterkom.

Page2 

Ons moet nou bietjie rus saam met tannie Elriza, maar daar word eers baie gelag

DSC_0128
Dis lekker om buite te wees

DSC_0007

Speeltyd saam met oom Will

DSC_0041

En nog 'n kuiertyd saam met tannie Elriza. 

Friday, February 21

Maatjies


Hierdie lelike gesig het 'n verskriklike persoonllikheid en maak seker dat almal van haar hou.
DSC_0009
Mens kan sommer aan die gesiggie sien, al is dit hoe gekreukel, hoe sy voel en hier waar sy op die bank sit soos iemand op 'n perd is dit 'n "hartseer-gesiggie" want ounooi maak reg om uit te gaan.
DSC_0010

Waffels kry ook nie kans om nie van 'n hond te hou nie, want Elsie wil graag vriende wees.  Mens kan sien hoe gelukkig sy met haar win-vir-waffels-oor-gesiggie is.