Showing posts with label perderesies. Show all posts
Showing posts with label perderesies. Show all posts

Friday, April 4

Lekker verjaarsdag


En so is dit die hoeveelste verjaarsdag vir my hier in die woestyn ...

Page2

Saam met 'n paar spesiale mense, gaan eet ons by die golfklub en resiesbaan "braaivleis".

Page3

So tussen geregte deur hardloop ons na die heining om die perde te sien hardloop.  Daar word sommer baie gesels ook.
Page4

Met winter wat einde se kant toe staan, geniet almal die buitewees.

So lekker gewees om saam met julle almal te kuier!

Monday, January 18

Braaivleis, winterweer en …..

Sekere advertensies sal mens seker nooit vergeet nie en die Chev se ene is verseker een van hulle. Hier in die woestynland is dit braaivleis (altyd), winterweer (asb net nie son nie) en perderesies.

DSC_0003

Een van die lekkerste uitstappies hier omdat dit in die winter plaasvind en gedurende die aand wat ons die geleentheid gee om buite te wees en nie te dood van die hitte nie, is die perderesies. Met 'n Suid-Afrikaner by die klubhuis het die golfbaan (wat in die middel is van die perderesiesbaan) die wedrenaande 'n braaiaand gemaak, en mens kuier daar vir die lekker braaivleis en bykosse en kan ook loer na die perde wat daar verbyhardloop.

DSC_0008

Hulle wys ook die wedrenne op tv's en orals word daar klein weddenskappe om die tafels vir die tafels gemaak. Party kyk na die kleure van die jokkie se klere, ander kyk of dit 'n sheikh se perd is of nie, en party kyk selfs of die perd al 'n vorige wedren gewen het. Die wedrenne is 'n halfuur uit mekaar en rondom ons tafel verloop die program min of meer as volg. Daar word ernstig besluit watter perd (die ou wat laaste se kry die perd wat niemand gekies het nie). Dan word daar voorgereg ingeskep en met die laaste happie is dit tyd vir die wedren.

Page2

Amper die hele "restaurant" beweeg dan af om langs die baan te gaan staan en hulle perde aan te moedig. Ek kan gewoonlik met vrymoedigheid foto's neem, want my perd is of gediskwalifiseer of vir een of ander rede reg agter.

Page1

Dan weer terug om die volgende perd te kies, die volgende dis en halfuur later weer langs die baan. So gaan dit dan aan totdat die laaste resies verby is en dan het mens ookal heeltemal teveel geeet. Dis regtig een van die lekkerste dinge om hier te doen in die aand, net omdat ons buite kan wees sonder 'n lugversorging .... en natuurlik die lekker braaivleis.

Nou is die helfde van die kindertjies terug in SA. Ons sien uit na julle volgende kuier en begin al klaar soek na nuwe plekke om te doen en te sien!

Sunday, February 24

'n Dag by die resiesbaan

Gedurende die naweek was ek en Nelmari op 'n jeugkamp en daar is sommer baie wat ek julle daarvan wil vertel. Maar om deur 280+ foto's te werk vat so 'n tydjie en daarom sal ek julle eers vertel wat Eddie aangevang het terwyl ons gekamp het.
Hy en Anton het Vrydagaand op uitnodiging 'n perderesies by die Nad Al Sheba wedrenbaan in Dubai bygewoon. Hier staan die manne netjies by hulle aankoms.
Die uitsig van waar hulle gesit het. Kyk op die foto, die sementblad in die linkerhoekie is iets aan die gebeur terwyl die wedrenne gehardloop word ...... Bietjie nader .... die groepie is besig om te bid in die rigting van die vuilgoeddrom .... (Onthou dobbel is hier onwettig)
Anton by die wennersirkel ek vermoed besig om te wag vir sy perd wat nog moet inkom .....
Kyk my naam is op die bord, ek's 39ste wys hy. Blykbaar (ek het geen bewyse nie) was Eddie se naam 30ste. Die baan. Kyk bietjie by die vlae vierdie van regs, hang ons vlag. In die 9 wedlope het daar altesaam 12 perde van SA gehardloop. Ek's nie seker hoeveel het 'n plek gehardloop nie, maar ek weet daar het.
Terwyl hulle perde gekyk het, het hulle ook heerlik geeet aan die kosse in die "losie". Die 21ste was ook Anton se verjaarsdag en al is ek bietjie laat .... hoop ek jy het 'n wonderlike dag gehad Anton! Wanneer kom Elzbeth?