Thursday, November 28

Kaalpoot in die reen ...

Die een ding wat hier in die woestyn baie skaars is, is reen.  Regte reen, nie wolke wat "geskiet" word en so plek-plek sanddruppels laat val nie. So toe die waarskuwing kom, dat ons storms gaan kry, het almal uitgesien na die meer as paar minute se druppels.  
DSC_0062
En met geen stormwater dreinering was daar gou-gou plasse orals en het dit so gereen dat die skole toegemaak het, in wag vir die storm.  
DSC_0068
Die storm het nie gekom nie, maar daar was lekker waterplasse en selfs wolke om ons te laat winter-winter speel.  

DSC_0029

Verlede jaar het ek dit geniet om te sien hoe die bure se dogtertjie die waterpoeletjies geniet, en vanjaar moes ek maar vir Elsie in die water loslaat.   
DSC_0030
En sy het dit omtrent geniet!   
DSC_0031

Selfs probeer om met haar agterbeentjies in die lug te loop toe die water te diep vir haar raak :-).  Nou moet ons seker weer 'n paar maande wag voor ons weer druppels kry. 




Monday, November 25

Kuier op die Logos boot


Na ons lekker kuier rondom die braaivleis met die Saffers van die boot, word ons uitgenooi om hulle op die boot te besoek.  Die boot het 'n lang geskiedenis en storie wat julle gerus op hulle webblad Logos Hope gaan lees.  
Page1_0

Die Abu Dhabi winters is nou hier en dis regtig 'n pragtige aand.  Ons geniet die liggies terwyl ons wag vir die res van die groep om op te daag.  

Page2

Dis lekker om die klomp van die boot weer te sien en ons geniet 'n heerlike aandete saam met van hulle. Hulle word gepepper met vrae en is meer as gewillig om al die stories te vertel.  
Page3_0

Ons kry 'n toer deur die boot en wat vir my hierdie keer uitstaan is die besoek aan die "skool" vir die mense op die boot se kinders.  Die vorige keer het ons dit nie kom sien nie - dus was dit baie spesiaal.  Een van ons gasvrouens Carlien het twee kinders wat sy op die boot grootmaak en alhoewel ek baie seker is, dis geen maklike taak om dit te doen nie, kan ek net dink watter wonderlike geleentheid dit vir die kinders is.  
Page5_0

Die wat nog nie die boot getoer  het nie, luister aandagtig na die wonderlike werk wat hulle by die hawes waar hulle aandoen doen.  Behalwe vir hulle ongelooflike groot book fair waar ons behoorlik geshop het - teen 'n uitstekede prys, help hulle ook by sekere hawens met mediese hulp, uitreike in hulle op en van die boot en nog vele meer.  Gaan lees bietjie daaroor.  

Die mense op die boot is almal vrywillig Christene wat deur mense, instansies en kerke geborg word om die werk te kan doen.  Ons het net die Saffers en Namibiers kon ontmoet, en kon sien hoe passievol hulle is om Sy boodskap aan almal oor te dra!   

Thursday, November 21

Braai saam met die Saffers op die boot


Ons was weer vanjaar in die bevoorregte posisie om die Suid-Afrikaners op die Logos Hope boot wat in Abu Dhabi kom besoek het bietjie te bederf met tradisionele Suid-Afrikaanse kos.  
Page1_1
So drie jaar terug, tydens die boot se besoek aan die woestyn het ons ook met die mense gekuier en kosbare vriendskappe gesluit en het ons van die mense toe op die Zambia uitreik vanjaar gesien.  
Page2_0
Skaap tjoppies, boerewors, pap (vir die wat daarvan hou), koeksisters biltong melktert ens. is gemaak vir die klomp en almal, ons inkluis het lekker geeet en gekuier.  
DSC_0031
Maak nie saak waar ons in die wereld is nie, daar kan lekker soos ou vriende gekuier word rondom braaivleis.

Ons sal ook die boot besoek en dan vertel ek julle watter amazing werk hulle doen!

Monday, November 18

Besie partytjie na kerk

Heelwat van ons huiskerk se mense het verjaar en dit is 'n goed genoeg rede om die belangrikste 1, om 1 te word saam te vier.
DSC_0027
Na die kerkdiens bid Elriza vir die verjaarsdagmaatjies.

Page2

Besies en feetjies was die tema, en almal is aangetrek vir die geleentheid.

Page3

Natuurlik moet daar nog foto'tjies van Lara geneem word na die tyd.  Lyk asof sy en Elriza 'n groot grap deel.


Saturday, November 16

Charmaine verjaar

Lank laas dat 3 van die 4 saam is, en ons kuier .saam met Charmaine vir haar verjaarsdag voordat William moet begin werk..
DSC_0053
Daar word ernstige bietjie video's gekyk.
DSC_0055

Die verjaarsdagmaatjie blaas kersies wat nie wil doodgaan nie dood :-).  

DSC_0059

Ma en dogter.
DSC_0064

James en Leane





DSC_0068

Wat is die twee boeties besig om te beplan met daai kyke ....

DSC_0069

Charmaine en die jonges vir 'n foto.

Was 'n heerlike aandjie saam met almal.  Lekker dat dit so stadigaan begin winter word en mens weer bietjie kan buite sit :-)