Saturday, March 3

Bietjie van Dubai

As ons vir mense sê ons bly in Abu Dhabi, (kyk tog na die spelling, nie Aboe Dhabi en Doebai soos dit in SA gespel word nie. Ek dog ons het op skool geleer name verander NOOIT) is daar gewoonlik 'n vraagteken, totdat jy sê dis naby Dubai. Almal ken Dubai want is dit nie die plek waar mense gaan om "specials" te koop nie? Ons ouens hier in Abu Dhabi, wat terloops die hoofstad van die UAE is, het maar altyd net geglimlag oor die mense wat dink hulle koop winskopies en gesê dankie dat Abu Dhabi nog nie "ontdek" is nie. Maar alle goeie dinge word op 'n stadium ontdek, en die toeriste is stadig besig om na Abu Dhabi te stroom.

Alhoewel Abu Dhabi vinnig groei en daar ongelooflike ontwikkeling aan die gang is, kom dit GELUKKIG nog nie by die miernes van Dubai nie. Maak nie fout nie, ons staan in verwondering oor dit wat die mense daar beplan en bou. Ek het 'n oulike artikel oor ontwikkeling in Dubai gelees en gedink, saam met die prentjies, julle dit sal geniet. (Ek plaas net stukkies van berig)

The tourist maps here can be confusing. Probably because about three quarters of the landmarks shown on them are nowhere to be found on the actual ground. "Dubailand (u/c)" and "The World (u/c)" are simply not there. "Dubai Waterfront (u/c)"? Nope. "iPod towers (u/c)"? Huh? "Falcon City (u/c)"? Not a trace.

"The thing about Dubai," is "they do it big, big ... bigger than anywhere else."

The Eiffel Tower at the planned Dubailand theme park‚ a $20 billion project that will be three times the size of Manhattan‚ is, for example, going to be life-size. So are the planned replicas of the Leaning Tower of Pisa, the Pyramids, and the Taj Mahal. And this, as they say, was all desert just a few decades ago.

They realised early on that oil riches were ephemeral and would one day run dry, and they started liberalising and broadening the economy to attract foreign investors. Almost as fast as you could say, "outrageously bling-bling-tourism is our future," this little fishing port on a creek had been turned into a wonderland of artificial attractions.

Soon they had a growth rate bigger than that of China, more tourists than India, and more than half of the world's building cranes.

Tourism now accounts for almost 20 per cent of Dubai's $30 billion GDP‚ compared with less than 5 per cent for oil revenue.

As ons net na 5 van hulle groot projekte kyk slaan dit mens se asem weg. (Hierdie is net teken prentjies, maar ek sal julle binnekort regtes wys).

Die Burj Al Arab, wat julle al in foto's gesien het, die wêreld se eerste 7-ster hotel (nie meer al een nie), in die vorm van 'n groot seil met oa 'n onderwater restaurant en wit Roll-Royce wat mense na die lughawe vervoer. Oornag in hierdie hotel kan mens enigiets van $2156 vir 'n doodgewone kamer tot $13,900 vir 'n suite kos.


Dubailand : Die Eiffel toring wat hier beplan word ($20 biljoen projek) sal drie maal die grootte van Manhattan wees (lewensgrootte). Asook die replikas van die "Leaning Tower of Pisa", die Piramides en die Taj Mahal.

Dan is daar die Palm Jumeirah wat ontwikkel is deur die drooglê van die see en dit is ontwerp in die vorm van 'n palm boom, met takke. Hierdie ontwikkeling is amper klaar met al die behuising, hotelle, waterparke, spas, teaters ens. Amper al die villas vanaf $1.2 miljoen is reeds uitverkoop. (foto's hiervan volgende week)

Nog mensgemaakte eilande in die vorm die wêreld is gemaak. Altesaam 300 eilande, elkeen die grootte van 'n paar straatblokke. Hierdie eilande saam lyk soos 'n wêreldkaart. Dis nie net 'n droom wat in die toekoms lê nie, hierdie ontwikkeling het reeds begin en ek wys later hiervan ook foto's.
En net as jy dink daar kan niks meer wees nie, die Palm Jebel Ali. Hierdie ontwikkeling sal een en 'n half keer groter wees as die Palm Jumeirah en dit sal omring wees met huise op stelte wat in Arabies 'n gedig van die Sheikh Mohammed uitbeeld : Take wisdom from the wise, not everyone who rides a horse is a great jockey, it takes a man of great vision to write on water, Great men rise to great challenges.


Wat volgende wonder ek? Al kom julle almal nou kuier, sal hierdie mensgemaakte "wonders" nie vir die gewone toeriste te siene wees nie. (Julle kan nogsteeds kom kuier). Julle ouens wat lees, laat weet bietjie wat jul hiervan dink?

Friday, March 2

VARSITY SEUNS ADSAC TOERNOOI

Die week kan darem nie verbygaan sonder dat ons nog 'n kwota wedstryde het nie. Woensdagaand was dit die Varsity seuns se beurt om in die ADSAC toernooi te speel. Soos gewoonlik het ons seuns uitstekend gespeel en al hulle wedstryde gewen om deur te dring na die finaal toe.

Hier rus van die manne tussen wedstryde.

William verduidelik iets. Dis of hy het nie ore om te hoor nie of hy verduidelik van sy haarsny die vorige dag.

Kom manne ons is amper daar moedig hy die span aan.

Die getroue ondersteuningsgroepie.

En toe is dit die finaal. Hier is die afrigter besig met 'n spanpraatjie. Hierdie wedstryd was iets ysliks om te sien en het kop aan kop verloop die heeltyd. Aan die einde van die wedstryd was dit gelykop 33 - 33 en moes hulle ekstra tyd speel. Net 1 minuut of 60 sekondes.... Weet julle hoe vinnig gaan dit?

Ons seuns verloor 33 - 35 in 'n baie naelbyt toernooi. Geluk Varsity Seuns julle het 'n uitstekende toernooi gehad ons is trots op julle. GO LIONS!





















ns. Die JV dogters het ook teen Al Nahda gespeel en mens kan sien dat die seisoen net vir hulle nou te lank raak. Hulle verloor die wedstryd met 'n skrale 4 punte. Mooi wedstryd meisies!!

Wednesday, February 28

Dr Seuss verjaar by die skool

Ek het die afgelope twee dae weer bietjie by die skool gewerk en dit het my natuurlik geleentheid gegee om die graduation foto's (gister) en Dr. Seuss se verjaarsdagpartytjie vandag te kon ervaar saam met die kinders.

Dr. Seuss is 'n bekende strokieskarakter in boeke van wie die kinders baie hou. Vandag moes hulle hoede opsit wat pas by Dr Seuss of een van sy storieboek karakters en die kinders en/of hulle ouers en onderwysers was verskriklik vindingryk. Hier is 'n paar foto's van die hoede en die koeke geskenk deur die Sheikha. (Dankie vir jou aandeel in die neem van sommige van die foto's Sharyn)

Hieronder is klein Dean Carstens (van SA natuurlik) met sy "huisie" hoed. PJ (van Heerden) het ook 'n hoed op, maar in my boek sou die Blou Bulle hoed nou nie punte gekry het nie.

Nie seker wat hierdie hoed verteenwoordig nie.

Die laerskool klasse het orals buite gesit en stories gelees. Die hoededag het saam met hulle leesweek geval.

Hierdie onderwyser het gekom as .... ek weet nie ... maar dis baie geel.

'n Olifanthoed.

Marnus (Hendrikse), ook van SA, het ook hoed gedra.

Hierdie besondere hoed het soos 'n juwele kis gelyk.

Die juffrou het 'n hoed/sambreel vol blomme gehad.


Die skool het heelwat van die "royal-familie" as leerlinge. Die Sheikha (vrou van die Sheikh) het drie verjaarsdagkoeke vir Dr. Seuss laat bak om vir die kinders te gee. Die foto's mag dalkies nie wys hoe groot die koeke werklik is nie. Hierdie een is in die vorm van een van die boeke.

Dan die kersie op die koek. Die sjokolade koek. Hier word dit afgelaai en deur 6 groot mans gedra. Die sjef sê dat die koek 80 kg weeg!!!! Niks word hier klein gedoen nie.

Dis 'n koek van "The Lorax" een van die karakters in een van die boeke.

Vier mans moet hierdie halwe een dra.

Die paleis het ook hulle sjef saamgestuur om toesig te hou dat die koeke nie beskadig nie. Hier is hy besig om die laaste van die 3 koeke af te rond.


Die koek is 'n prentjie van 'n voorblad van een van Dr Seuss se boeke.

Tuesday, February 27

Nog een amper uit nes....

Dit voel soos nou die dag dat James hierdeur is. Ja, dis tyd vir die "graduation" foto's om geneem te word. William voel hy het 'n haarsny nodig voor die foto's. Selina knip sy hare en aan die begin is dit groot pret maar ....

Die man is ook baie versigtig. Net hierdie stukkie wat oop is .... en dan hou hy sy kop vas!

Netjies en reg vir die dag se foto's. Die res van die manne maak gereed vir die foto's

Almal het 'n storie te vertel of te verduidelik. Hier het hulle bietjie pret. Die ou regvoor, Stefan is ook 'n Suid-Afrikaner.

Ek weet nie hoe hierdie ma dit more gaan maak as haar dogter afgeneem word nie. Klaar was sy in trane oor William en more is Al-marie se foto's wat voorlê. Sy het sommer in die sekretaresse se kantoor op die grond gaan sit. Beide Sharyn (op stoel) en Hannelie (op grond) is Suid-Afrikaners.







.

Foto "update" uit Egipte


Eddie se 7 dae trippie Egipte toe is nou-al 11 dae lank. As hulle nie nog werk vir hom uitdink nie, behoort hy Vrydag weer in Abu Dhabi te wees. Eergister moes hy gaan werk doen in Alexandria en hier is bietjie foto's daarvan. Klik op die foto vir 'n beskrywing - vir die wat nie beskrywings het nie, dit sal kom. (Sal van hom 'n volledige verslag vra ... oor Egipte).