Tuesday, February 27

ADSAC 2007


Kan julle dit glo. Hierdie meisies het net gisteraand van die vliegtuig afgeklim na 'n toernooi in Egipte en hier moet hulle al weer aan 'n toernooi deelneem. Die meisies was moeg en bietjie kranklik en die eerlike waarheid ... ek het nie eers gedink hulle sal hul eerste wedstryd teen 'n baie sterk span wen nie. Maar hulle het almal verras en al hulle wedstryde gewen om deur te dring na die semi-finaal toe. Die wedstryd was 'n tawwe een en hulle wen in die laaste sekonde met 2 punte. Sonder ruskansie moes hulle toe in die finaal teen hulle groot teenstanders ACS speel. Die meisies het hulle harte uitgespeel, maar die bene en arms was nie altyd so gewillig nie.

Ons is trots op julle tweede plek ---- julle het 'n harde week agter die rug, julle is sterre. GO LIONS!

Kindergroep

Gisteraand tussen die basketbal toernooi was dit nog Kindergroep ook. Soos altyd het die kinders die Praise en Worship geniet en ek deel van die foto's met julle. (O ja, die rede waarom ek foto's van hulle neem, dit kom in die weeklikste kindergroep epos aan die ouers). Ongelukkig met al die gejaag tussen les en wedstryd het ek nie afgeneem wat in die groepe gebeur het nie.


Daleen dans "before we go ... we stop" saam met 'n paar van die meisies en Liam.

Sarah, Daleen en Claudia besig om saam met die musiek bewegings te doen.

Klein Philip, die twee voordansers en Dominique

Nog van die meisietjies wat dans.


Monday, February 26

"Spiderman" besoek Abu Dhabi - weer

Gister het die Fransman Alain Roberts alias Spiderman Abu Dhabi weer besoek om die hoogste gebou hier (38 verdiepings) te klim. Dit was nie sy eerste besoek aan Abu Dhabi nie en vorige kere het hy oa die National Bank of Abu Dhabi en Etisalat (waar Eddie werk) geklim. Hierdie keer was dit die Investment Authority Tower op die Cornish.

Die man lyk glad nie skrikerig vir die hoogtes nie
Amper bo en die mense se nekke al seergekyk
Duisende het die strate vol en toegepak.

Spiderman word trap vir trap dopgehou en elke beweging word uitgewys.



Saturday, February 24

ENGELTJIE, duiweltjie, DIEF

'n Fotoberiggie vanaf Bloemfontein. My "engeltjie" (hoekom twyfel ek?) en 'n "duiweltjie" oppad na 'n partytjie.

Hoekom lyk die engeltjie nie soos een nie ....OK nou is ek bekommerd, wat dink hy?

(Dankie vir die foto's seun)

'n Rustige middag vir 'n slag

Geen sportwedstryde en geen kitaar en die middag is sommer stiller!! Met Eddie en Nelmari wat elkeen op sy/haar eie misie in Cairo is, het ek en William gisteraand gaan ietsie eet (ja, ek weet Marie). Ons was nie heeltemal alleen nie, Selena (die meisie) was ook saam.

William is nie iemand wat enigiets "normaal" op 'n spyskaart bestel nie, hy probeer altyd iets nuuts wat niemand anders voor kans sien nie. Gisteraand was dit weer die geval. Sy "drankie" was 'n peanutbutter en piesang melkskommel. Uuug ja, en dit proe soos dit!!

Hier verduidelik hy vir Selena hoe dit smaak.


Laat ek net 'n bietjie van die room af eet.

Dis baie lekker ..... (Ons het nie so gedink nie)

Die twee ernstig besig om die diensvorm in te vul