Friday, August 15

Wat vang Nelmari aan?


Net nou die dag toe sy weg is om te gaan swot, kan nie glo dis al ampertjies 3 jaar nie.  Ek vir een is baie bly daar is iets soos sosiale netwerk, want dit beteken ons kan deel wees van alles en foto's sien ... wat ons partykeer nie wil sien nie en ander wat ons wil sien :-).  
Page2
Nog nie in al die "jare" daar 'n studieboek foto gesien nie, maar ek dink dat sy meeste van haar praktiese vakke baie geniet.  Nie regtig die spies in die woestyn gegooi nie, en daar is nog skaafwerk aan die styl nodig, maar dit lyk asof dit lekker was.  

Page3
Dit was vir my baie snaaks toe sy vertel van die gimnastiek want ek kon haar net nie op 'n balk sien nie, maar hier is die bewyse ... seker dit het met 'n groot poging en oefening gebeur :-).   
Page4
Deel van hulle studie is ook om by een van die spesiale skole te gaan help met sport en oefening.   

16626_10152563189057349_265809519709863909_n

Die dans klas net so nou die ander dag het seker ook sy eie storie om te vertel.  Nelmari jy het nie dieselfde "pose" as die ander nie!   

Page5

Verlede jaar tydens die Zambia omgee projek het sy vertel wat sy voel moet haar spesialisasie veld wees en dit lyk asof sy en haar klient die oefening geniet.  
Page6
En dan kan mens seker nie waterspeletjies as "studie" kwalifiseer nie of kan mens?  Dit lyk elk geval na groot pret.

Op die oog af lyk sy nogal besig met al hierdie aktiwiteite .... so sonder die boeke!

2 comments:

retha said...

Sonder boeke? Ons weet mos alles verander so met die tyd Sandra! ;o)

Sandra said...

Juis vandag die Back to School advertensies in die winkels gesien - ek onthou dit as potlode en sulke dinge, nou adverteer hulle tablets en rekenaars :-)