Saturday, September 10

Laaste stuiptrekkings van die vakansie

Die hitte van die woestyn en die ongelooflik besige maar opwindende wegspring van die nuwe jaar hier hou ons warm en besig :-) en tyd vir blog is daar ampertjies nie. Dis reelings en beplanning vir die kinderbediening, vroue retreat, kamp, groepe wat begin en ander lekker dinge soos 'n jeugsentrum wat begin gaan word en 'n uitreik aksie na Namibia wat nog gefinaliseer moet word. Laasgenoemde is iets waarna ons baie uitsien en die behoefte daar is groot, maar ons moet binne die volgende tien dae nog fondse daarvoor kry.


So met al hierdie dinge kan ek nog so 'n bietjie aan die vakansie herinneringe vashou. Ek loer so bietjie wat het ek nog nie op my foto-dagboek gesit nie, en sien dat Nelmari regdeur die vakansie 'n "tema" gehad het..... DIERE.


DSC_0018DSC_0022


Maak nie saak waar en wanneer ons iewers was nie, sy het die diere soos 'n magneet aangetrek. Die kat op Plettenbergbaai het gou gesien hier word daar lekker aandag uitgedeel en Rene se ou grote het self van 'n ore-krap gehou.


DSC_0117DSC_0297


In butterfly word het die apie haar uitgesoek om te kou en die pappagaai was ook heel gemaklik om op haar arm te sit en eet.


DSC_0312


Die eende het ook nog 'n eiertjie kom le.


DSC_0052


By die dieretuin kan mens nie sommer net aan die diere vat nie, maar as en wanneer die geleentheid hom voorgedoen het, was Nelmari daar om dit te gebruik.


DSC_0183


Lyk amper asof hierdie ou gesmeek word om te kom kennis maak.


DSC_0137


Ganse het kom geselsies aanknoop ...


DSC_0170


En die donkies by Eseltjiesrus het almal kom aandag soek.


DSC_0319


Hierdie ou bok het ook nie 'n probleem met ore krap nie.


DSC_0222 DSC_0228


Die honde in die restaurant het haar ook kom opsoek vir bietjie aandag (nie dieselfde Great Dane as op boonste foto nie).


DSC_0211


En net as mens dink sy het genoeg gehad van donkies, is die klomp naby Dassiesfontein vinnig daar om bietjie aandag te kry.


Gelukkig het sy nie ingeskryf om veartskunde te swot nie, want dan sou sy al die diere in die koshuiskamer wou aanhou.


Geniet die rugby en mag die beste span more wen


Go Bokke!


5 comments:

Thea said...

Klink na 'n lekker opwindende tyd wat voorlê Sandra! Sterkte met alles!!

Waarvoor het Nelmari toe ingeskryf?

Oulike foto's van haar so saam met al die diere en ek neem aan sy gesels ook met hulle asof hulle alles verstaan wat sy sê?! Ek giggel lekker by myself want ek doen dit ook! :-)

Sandra said...

Praat met hulle, gee hulle name en als Thea :-). Sy beskou haarself as ten minste as 'n kat en hond whisperer. Ek dink die vakansie het donkies ook bygekom :-)

Nelmari het vandag gehoor sy is aanvaar vir Sportwetenskap. Sy wil uiteinde Bionetika doen.

Anonymous said...

Ek stel ekstra belang in julle uitreik na Namibië. Ek sal graag meer hieroor wil hoor. As jy nie op jou blog te veel wil vertel nie, kan jy gerus vir my epos.

Anonymous said...

Ek stel ekstra belang in julle uitreik na Namibië. Ek sal graag meer hieroor wil hoor. As jy nie op jou blog te veel wil vertel nie, kan jy gerus vir my epos.

Sandra said...

Toortsie ek gaan binnekort 'n blog daaroor doen wil net die finale reelings ens. kry maar ek sal dit met liefde deel. Ons sien baie uit daarna!