Showing posts with label johannesburg. Show all posts
Showing posts with label johannesburg. Show all posts

Monday, August 29

Heerlike wintersdag

Tydens ons paar daggies in Johannesburg is daar 'n paar opsies genoem waarnatoe ons kon gaan, aangesien Nelmari nog nooit daar was nie (elk geval nie waarvan sy kan onthou nie). By die noem van dat daar 'n dieretuin is, was sy al opgewonde en daarom is sy die een gewapen met die kamera hierdie keer :-).


Page2


Ekself was ook nog nooit daar nie, ons het maar meestal Pretoria dieretuin besoek. Nie die mooiste tyd van die jaar wat groen betref nie, maar met die bloeisels en 'n heerlike sonskyndag was dit 'n heerlike uitstappie.


Page1


Die dieretuin se geskiedenis begin reeds in 1904 toe die grond aan hulle geskenk was en eers in 1960 rond het hulle hokke begin bou waar diere in soort van natuurlik omgewing kon bly. Dit lyk asof daar baie gereeld nog hokke opgegradeer word. Hierdie beer het bietjie gefrustreer in sy omgewing gelyk, alhoewel hy 'n pragtige hok het


. Page3


Nelmari het elke liewe dier of diertjie, wat sy gesien het afgeneem, van die voels tot die groot ou olifant.


DSC_0052


Hierdie ou groot "karperd" was 'n treffer by die meisies want hy het die aandag vreeslik geniet.



Page4


Die ouens in die hokke was maar lekker lui in die wintersonnetjie.


DSC_0155


Ons self het die son geniet en lekker gesit en boerewors rolletjies eet en rus.


DSC_0189


Die poue was regtig uit om al die vroue te beindruk en het heerlik vir die kamera 'n vertoning opgesit.


DSC_0197


Natuurlik soos altyd kan mens lang tyd by die apies spandeer.


Page5


So klein soos hulle is, het die meerkatte almal groot pret verskaf met hulle "show" vir die kamera. Dit was 'n heerlike dag om sommer so tussen die diere te kuier.


DSC_0286


Net so voor ons terugvlieg Abu Dhabi toe, het ons ook by die Moyo restaurant by Zoo lake gaan eet. Die meisies wys hulle geverfte gesigte ....


Mooi week vir julle almal!