Showing posts with label jong volwassenes. Show all posts
Showing posts with label jong volwassenes. Show all posts

Friday, September 23

Maanlig kayak

Die Abu Dhabi jaar het begin! En met 'n bang want ons is lekker besig met al die groepe en hulle aktiwiteite.


DSC_0015


'n Paar van die jong volwassenes het kans gesien om die laaste bietjie van die hitte aan te durf en weer te gaan kayak. Natuurlik is dit "koeler" in die maanskyn en die water is net louwarm ipv kokend.


DSC_0030


Hulle luister mooi na die veiligheidsreels want al is dit windstil, gaan hulle nog steeds op die see uitroei.


DSC_0052


Elriza spring weg met die dorp se liggies op die warm.


DSC_0054


Is dit 'n benoude kyk Nelmari? Dis mos nie die eerste keer wat jy dit doen nie? :-)


DSC_0058


Die hele groep op hulle kayake oppad die diepsee in.


DSC_0066


Twee uur later en hulle is terug ...


DSC_0070


Kyk net hoe nat is hulle klere, en dis nie omdat hulle in die water geval het nie .... dis die humiditeit.


DSC_0074


Dit kon nie so erg wees nie, daar is nog glimlagte orals.


DSC_0075


En nou gaan ons spring. Een ...twee...drie!!! (Die sprong sal op die groepblog wees)


'n Lekker begin vir die jaar!


Amper naweek vir julle, geniet dit!


Saturday, June 25

So raak mens ontslae van frustrasies

Dis die tyd van die jaar wanneer al die expats begin oppak ... of om vakansie te gaan hou, gewoonlik by die huis of om die land te verlaat weens kontrakte wat klaar is. Die rede is maar seker omdat die skole weens die hitte vir drie maande sluit en almal iewers 'n koue plekkie gaan opsoek. So ook het die meeste van ons bedieningswerk hier "afgesluit". Die kindergroepe het klaargemaak (ek sal seker teen volgende week al hulle blogs opdatum he) en verlede week het 'n paar van die jong volwassenes so 'n bietjie gaan paintball speel.


DSC_0001


Eers moes almal beskermde klere aantrek en dit lyk asof Nelmari vir laaste wag.


DSC_0017


Die twee spanne wat teen mekaar gaan deelneem. Nou dat ek na die foto's kyk lyk dit asof die kortetjies (en daar is nogal baie van hulle) teen die langes deelneem.


DSC_0024


Aandagtig word daar na die reels geluister.



DSC_0030


Van die gewere met hulle verfkoeels staan en wag vir die begin van die stryd.


Page1



Die klere is aan, die spanne gekies, die gesigmaskers op en nog steeds staan die meisies met hulle handsakke :-).


Page2


En dan begin die aksie. Hier is Nelmari en Elriza op die aanval!


Page3


Orals word mense bekruip. Die hand beteken eintlik "moenie my skiet nie". Ek weet nie of dit gewerk het nie.


DSC_0081


Aan die einde van die aand is almal lekker doodmoeg en vuurwarm van die hitte en daar is net 3 ernstige beserings. Weet nie hoe kry Nelmari haar rug van agter vol verf nie?


DSC_0084


Die klomp wat deelgeneem het ... almal behalwe twee is jongmense van die huis wat hier woon en werk. Almal het dit baie geniet en ek's seker in die koeler weer gaan daar nog 'n paar maal van die UAE frustrasies met verf uitgeskiet word.


Julle in SA moet die koue en jul naweek geniet


Sunday, February 27

Tyd vir asemskep en rustig raak

So 'n week terug het ek die wonderlike voorreg gehad om saam met 'n klomp pragtige jongmense op 'n "retreat" te gaan. Wat is 'n retreat? Ek sou se die geleentheid om van alles wat rondom en met jou gebeur "weg te breuk" en 'n bietjie in stilte by Pa se voete te gaan sit om te hoor watter planne Hy vir jou het en weer net bietjie tyd saam met Hom sonder onderbreuking te spandeer. En dit is presies wat ons gedurende die naweek gedoen het.

Ons tema vir die naweek het gekom van Hosea 2:14 "Therefore I am now going to lead her into the desert, and speak tenderly to her". En die hele naweek is ons daaraan herinner dat God ons 'n die woestyn inneem, nie om ons te laat ly nie, maar om ons nuut te maak en ons verhouding met Hom te hernu.

nr 1

Die Vrydagmiddag met die opslaan van die tente was daar groot pret, soos net 'n klomp vrouens kan wees wanneer hulle hul eie tent moet opslaan. En natuurlik terwyl die jongmense moes aanwysings lees en sukkel, het die ou tannies se tente al gestaan .... En hoekom?

Kyk net ......

Page2

Daar is lekker geeet voordat die eerste sessie aangebreek het.

nr 3

Elkeen van ons 'n foto wat iets van 'n woestyn uitbeeld gekry. Ons moes dmv 'n scrapboek prent probeer uitbeeld waar en hoe ons in daardie prentjie is. En spesifiek waar ons verhouding met God, in daardie prentjie uitgebeeld kan word. Vir 'n lang tydjie het almal net na hulle foto gestaar en hulself daarin probeer sien voordat die tafel met scrapgoed aangeval is.

Page3

Gou-gou was almal besig met hulle prent en is daar baie gelag en gesels.

Nr 6

Maar hoe later hoe stiller het dit geraak soos daar gedink is en skrif in die Bybel opgesoek is. (Een van die honde het ons ook aangeneem en is "Hoover" gedoop omdat hy reg was om enigiets op te eet wat op die grond val - hy het die rustigheid om die tafel geniet)

Nr 7

Die scrapblaaie wat vertel van ons plek in die woestyn en waar God ons wil sien.

DSC_0185

Die volgende sessie was rondom die kampvuur

Page1

Wonderlike gesprekke met mekaar hier gehad. Hoe Vader na die Israeliette in die woestyn gekyk het en hoe Hy hulle nooit gelos het nie en vir hulle gesorg het. Ons het ook gepraat oor hoe maklik ons God met "dinge" vervang alhoewel Hy altyd daar is vir ons. Daarna is daar bietjie gesing. Alhoewel die jongklomp geweet het hulle moet vroeg opstaan die volgende oggend, is daar nog tot half drie gekuier en fliek gekyk.

DSC_0191

Die volgende oggend het Vader ons bederf met 'n wonderlike sonsopkom in die woestyn en het ons gesien dat om "in die woestyn te wees" ook baie mooi is.

nr 9

Vier van die meisies het gaan perdry om nog meer die woestyn te voel.

DSC_0223

Ek was nou wel nie saam op die perde nie, maar hierdie "groen en lewe" in die woestyn was vir my 'n mooi boodskap.

Page2

Voor ontbyt is die tente vinnig afgeslaan en ek moes net hierdie foto's wys. Die twee het hulle tent kon afslaan tot op 'n punt en toe hy nie wil verder vou nie, agtergekom daar is nog iets binne-in. Kyk net .... 'n stoel!

Die tent wat so vinnig opslaan het nogal skill nodig om af te slaan en die twee het baie geoefen om sover te kan kom.

DSC_0237

Die bokkies het ook gekom vir 'n bietjie aandag en koppie krap.

Nr 10

Die laaste sessie was 'n 5uur een waar ons 'n tyd van stilte gehou het. Daar is glad nie gedurende die tyd gepraat nie en selfs middagete is in stilte geniet. Elkeen het 'n plekkie gekry waar ons tyd in die Woord en saam met God deurgebring het.

Wat 'n wonderlike geseende tyd. Sien al klaar uit na die volgende een.

Julle moet 'n wonderlike week he