Friday, July 10

Wonder water wereld

'n Tydjie terug het ek vertel van een van die nuwe malls in Dubai hier en gedurende die week was dit ons beurt om die akwarium van naderby te gaan besigtig. Hier het ons so lank spandeer dat daar baie plekkies/winkels was, wat ons nie eers verby geloop het nie. Op wikipedia word dit nie verniet aangegee as die grootste mall ter wereld nie - wat nauurlik nie heeltemal korrek is nie want dis net die grootste buite Noord-Amerika.

Page1

Maar ons fokus was die seewereld hierdie keer .... Moet ons of moet ons nie ingaan nie? Die haai is so bly toe ons uiteindelik ingaan, dat hy vir ons die mooiste van glimlaggies gee.

Page2

Eers gaan ons deur die watertonnel om die visse van nader te bekyk en sommer by die ingang wag 'n hele skool haaie ons in. Ons verkyk ons na alles. Hierdie tenk is drie verdiepings hoog en het tot 10 miljoen liter water waar die visse van alle groottes in rondswem.

Page3

Maar onder waar die mense deurstap is dit meestal haaie wat kos soek en pylsterte wat ons kom beloer. Elriza wil hulle bietjie vryf maar hulle wil nie stil-swem nie.


Page4


Na 'n lang tyd in die tonnel gaan loer ons op die boonste vloer na die see-dieretuin en hier het die tyd ook stilgestaan.


Page5

Daar word by elke tenk tyd afgestaan en nog steeds probeer sy die vissies vryf ....


Page6

Nelmari wys ook opgewonde dat daar nog iets is wat ons moet kom kyk, terwyl Elriza in 'n waterborrel inklim om die tenk van binne te beloer (seker omdat sy die kleinste is). Is dit nie wonderlik hoe Vader elke dingetjie in detail en kleur gemaak het nie.


Page7

Hier staan die twee meisies by baba-krappe ... volgens die mense wat daar werk, kan hierdie krappe so groot soos 'n beetle-motor raak.


Page8

Dan die sterre van die "dieretuin" - vir ons in elk geval. Die seerotte wat so cute was, die seeleeus en die pikkewyne wat mal was oor die mense en hulle aanmekaar kom "pose" het vir 'n foto.


Ons het onsself maar moeilik van die see-dieretuin weggesleep en die uitstappie vreeslik geniet - en die mall met die 1000+ winkels was ver-ver uit ons gedagtes. Verskoning vir die foto's - die beligting was nie vir kameras nie en die dik glase by die tenks het ook nie gehelp nie.

10 comments:

Desia said...

Ek weet nie meer wat om te se oor al die wonderlike plekke daar nie, net "wow"!
Ek is so jammer oor Begeera, ek wens troeteldiere het net so lank soos mense geleef.

Mariette. said...

Dit is een van ons gunsteling plekke in Dubai! ons se ook elke keer vir onsself nou gaan ons bietjie kyk wat ons nog nie gekyk het nie, maar as ons onsself weer kan kry dan staan ons voor die tank en as ons weer sien dat is die tyd daarmee heen.

jou kiekkies hst baie mooi uit gekom gegewe die tiepe beligting wat daar is- ons sukkel ook maar altyd om die mooi wat ons met die oog sien op 'n kiekkie vas te vat....

lekker week

Sandra said...

Dankie Desia - Begeera was vir 13+ jaar 'n wonderlike "kind" in die huis. En ja hier is wonderlike plekke om te sien hier in die woestyn.

Dit was 'n lekker ondervinding Mariette maar ek weet nie sommer of ek weer daai mall trip sal doen behalwe as ek mense soontoe neem nie - sal maar die vissies in die park se akwarium gaan kyk :-). Kan dink hoe Christiaan dit moet geniet as ons groot mense dit so geniet het.

Thea said...

Ek kan ook net beaam dat ek ook soms verwonderd staan oor al die wonderlike dinge wat die Vader geskep het!! Ongelooflik!

Ons beplan om tydens die langnaweek in Augustus die akwarium by Ushaka in Durban te besoek. Ons was nog nooit daar nie en ek sien vreeslik uit daarna.

Anonymous said...

"How great Thou art."

Sandra said...

Thea ek was ook nog nooit daar nie. Jy sal ons eenvoudig net daarvan moet vertel :-). Jy moet 'n lekker naweek he.

Dis wanneer mens sien hoe fyn en volmaak die detail is dat mens Sy Grootheid voel Attie - ek stem!

Charmaine said...

Dit is voorwaar 'n wonderwereld... en wat my so verstom is dat mens moet moeite doen om onder die water in te gaan om die wereld te beleef en nogtans gee ons Grootpa aan elke klein fyn detail Sy volle aandag. Ons is in goeie Hande. Hy is amazing. tip: trek lekker gemaklike skoene aan vir ver loop want al kan mens nuwe skoene koop moet hulle ook eers ongeloop word en die mall is nie die regte plek daarvoor nie.

Jan and Miekie said...

Wow - lyk na 'n heerlike rondloopplek! Om God se wonders so te kan aanskou! Dankie vir die fotos!

Sandra said...

Selfs daar waar mens nie kan sien nie ne maat, daar skep Hy ook in detail.

Wat die skoene betref, ek het spesiaal niks gese van jou wat in een maal twee keer moes skoene koop omdat jy iets gemakliks nodig gehad het :-)

Dis 'n wonderlike plek om te besoek Miekie en dis beslis nie net vir kinders nie. Moet nogal iets se as 'n plek mens se aandag van die winkels kan weghou.

retha said...

Ek is ook elke keer verstom om te sien hoeveel meer en groter en mooier plekke daar by julle is.

Die haaie sal my dalk eerder afskrik as wat ek verwelkom voel.