Showing posts with label lost chambers. Show all posts
Showing posts with label lost chambers. Show all posts

Saturday, January 9

Ons raak weg in die verlore stad

Nou ja soos ek gese het, het ons ou tannies nie vir die watersports gegaan nie, ons het meer rustige waters verkies. Nadat ons die meisies se pret met die dolfyne dopgehou het, en ‘n ou teetjie natuurlik Thea, het ons onsself gaan verloor in die verlore stad. Vir die van julle wat nie nuus volg nie en dus nie weet van die ontdekking nie, hier's 'n bietjie agtergrond :-)

P1000873

Met die bou van die hotelkompleks is ‘n klomp ondergrondse tonnels ontdek wat hulle vermoed het begrawe was duisende jare terug in die water van die Arabiese golf. Met nadere ondersoek het hulle ook ‘n antieke straat ontdek. Die mense het toe besef dat dit die oorblyfsels van die verlore stad van Atlantis is. Deur die ontdekking is baie vrae beantwoord oor hoe die mense vroeer hier geleef het en baie oor die seelewe.

Page1_0

Aan die oorblyfsels kon mens sien dat die mense baie ontwikkel was en dat daar ‘n hoe vlak van tegnologie bestaan het. Op die foto bo links kan mens die oorblyfsels van 'n vermoedelike myners uitrusting van daardie tydperk sien. Onder regs is wat hulle vermoed 'n hysbak wat die myners gebruik om diep onder die grond te werk. Orals is daar ook sulke gangetjies en ander "opgrawings" wat gekry is.

Page2

Tussen al hierdie uitgrawings het hulle tonnels gegrawe wat die seelewe wat was en wat nou is vir almal kan wys.

Page3

Mens sien dus verskillende tenke waar visse en allerhande goeters deur dele van die ou stad swem.

Page4

Die groot tenk reg in die middel is ook die fokuspunt van die hotelingang en van die hotelkamers. So in die regterkantse hoekie staan Charmaine en foto's neem. Mens kan sien hoe groot die tenk is as jy sien hoe klein die mense vertoon.

Page1

Party van die tenks was regtig kleurvol en vreeslik moeilik om af te neem. Dit was lekker om daar deur te stap, maar ek voel soos alles by die Atlantis hotel is dit hopeloos oorprys - mens kan in die hotel portaal verniet na die vissies kyk as jy wil en die mense wat ingaan "pose" ure voor 'n tenk dat ander dit nie kan sien nie.

P1110867

Vir my is dit ook nie naasteby so mooi soos die ander een in die winkelsentrum waarvan ek hier vertel het nie. Die verlore stad van Atlantis kan maar wat my betref verlore bly.

En nou is ons eintlik klaar met ons waterstories en dis tyd vir land diertjies :-)