Friday, July 1

Moord in die huis

Die jaar is regtig op sy einde hier, maar Junie is verjaarsdagmaand vir twee spesiale jongmense. Die "oudste" van die twee Elriza verjaar eerste en het haar "oorblywende" jongmense (dis nou die klomp wat nie alreeds in SA met vakansie is nie) genooi vir 'n Murder-partytjie.

Page1


Saterdag vroeg is die huis soos Casablanca ingerig en alles is rondgeskuif en verander sodat dit by die tema kan pas. Terwyl die meisies aantrek, het James reeds gesuit vir sy rol die "tent" gordyne probeer vasmaak.


Page2


En die jongklomp het almal saamgespeel en so mooi opgedress vir hul karakters.


DSC_0135

Nadat die inleiding gedoen en leidrade gegee is van die moord, het hulle voorgereg gehad.


Page6

En toe is daar ernstig deur die leidrade gewerk en die verdagtes is met vrae gepepper om te sien wie die skuldige oftewel die moordenaar is.


'n Kort breuk vir hoofgereg.


Page7


Daar was nou sommer 'n klomp verdagtes en hulle is deur die ander ondervra om te kyk wie eerste die skuldige kan uitwys.


Page8


Tyd om die kersies dood te blaas en vir die verjaarsdagmeisie te sing.


Page9


Nelmari het die koek vir haar gebak en sommer klomp komplimente gekry vir haar donkersjokolade koek.


DSC_0263


Nadat almal gese het wie hulle dink is die moordenaar het die speurder gese wie die skuldiges is en die een wat reggekies het, was die huilende, emosionele Pia Phedora (Jana).


Page10


Almal het toe kans gekry om te stem vir die karakter wat die beste aangetrek het. Derde plek het gegaan aan Edith Le Grandbutte (Leane), tweede was Otto von Pinkelwurst (Ewert) en eerste was weer Pia!


DSC_0277


'n Lekker aand van pret deur die klomp


Julle in SA geniet die koue en mag die beste span more wen!


4 comments:

Unknown said...

Dit lyk nou na 'n lekker partytjie!

Charmaine said...

Riza en James, mag die nuwe lewensjaar net soveel pret inhou en vol verassings wees. Dankie vir die leen van jou huis maat. Jy is baie kosbaar

Sandra said...

Jip die kinders het nogal lekker gepartytjie :-)

Altyd lekker as die jongmense lekker kuier maat

Anonymous said...

Sjoe, julle is vol entoesiasme en verrassings!!