Die rondhardloop agter skoolgoed en regkry vir prom en graduation is uiteindelik verby!

So tussen die aantrekery en betyds weer vir die graduation het ek darem kansie gekry om 'n foto of twee te neem.

Die funksie het by die Emirates Palace hotel, een van handjievol 7 ster hotelle in die wereld plaasgevind. Hoekom die skool soveel daarop moes spandeer weet ek nie, ... of miskien is dit omdat daar ook van die arabiese "royals" die funksie bywoon.

Die klas van 2011 kom opgestap - natuurlik seuns en dogters apart so vir oulaas :-).
Na al die toesprake wat hierdie keer nogals kort was, sing die graduations hulle spesiale lied. of dit nou so beplan is of nie, in die dure plek kon ons hulle skaars hoor. As julle mooi loer, sal julle net onder die verhoog sulke goue stoele sien. Dit is waar die royals sit met ons pleps agter.
Een vir een word die ou kindertjies uitgeroep om hulle diploma van die sheikh te ontvang en saam met dit word genoem waar hulle volgende jaar gaan swot. Van al die kinders is daar slegs twee wat nie gaan nie en sal die klas volgende jaar in bekende en onbekende universiteite reg oor die wereld versprei wees.
En dan die amptelike aankondiging en die "kepse" word in die lug gegou ..... klaar met skool klas van 2011.
Na die tyd is daar weer bietjie foto's geneem en hier is ouboet en kleinsus 'n bietjie verspot. Ons het jou gemis William.
Een van die klasmaats wat 'n koninklike van die land is, is weens kameras nie daar nie, maar sy stuur vir elkeen van die 90 klasmaats 'n goue ring met elkeen se naam op.
Nog 'n tik op die lysie af ... sy het nouwel haar Graad 12 goed deurgekom, maar nog wag ons vir die internasionale IB eksamen uitslae wat Augustus kom en dan begin die groot voorbereiding vir die universiteit.
Baie geluk sussie, ons is trots op jou en jou uitslae! (Kan ons nou asseblief 'n bietjie minder rondry)
