Monday, June 6

Nog ‘n bietjie skooltradisie

En nog steeds kan ons nie heeltemal die skool afskud en klaar maak nie.


Vroeer hierdie week was dit dan ook tyd van die "onderwysers" om afskeid te neem van die seniors en om die Graad 11's te verwelkom as nuwe seniors. 'n Heeltemal geslote funksie waar ouers beslis nie welkom is nie .... maar ek kon daarin slaag om ten minste die kamera in te smokkel en iemand te kry om vir my foto's te neem. Ek meen, is dit nie iets wat die kinders sal onthou en van herinneringe wil he nie?


DSC_0028


Dis darem anderste om by die skool aan te kom en nie meer in uniform hoef rond te loop nie!


Page1


Daar is baie moeite gedoen om die gym mooi te maak vir die geleentheid. Waar die saal gewoonlik geskei word vir seuns en dogters, is dit hierdie keer geskei vir eetplek en toesprake. Die oulikste ballonne versierings wat soos gradueerders lyk en 'n program was op elke tafel. Onder op die regterkant 'n yslike koek waarop elkeen van die 90+ Graad 12's se name op was.


DSC_0050


Na die ete wat volgens Nelmari baie Arabies was, het die program begin met toesprake ens. Een van die tradisies was ook vir die onnies om te se wat elke kind 'most likely' gaan doen en Nelmari s'n was .....


Page2


Toe was dit die "capping ceremony". Elke kind moes vooraf 'n onderwyser vra om sy/haar "cap" op te sit. Hierdie onderwyser is een wat in sy/haar skoolloopbaan 'n groot rol en invloed gespeel het en natuurlik in Nelmari se geval was dit die sportdirekteur en ook een van haar afrigters vandat sy in Graad 5 was. Die kinders moes vir die betrokke onderwyser 'n briefie skryf om te se wat hy/sy vir hulle beteken het, en die onderwysers moes vir die kinders 'n soort getuigskrif skryf. Hierdie seremonie kan nogals volgens inligting 'n heel emosionele een wees.


DSC_0074


Met groot glimlagte is daar gekyk hoe die seuns en meisies gecap word. Die westerse meisies het gewone drag aangehad en soos julle kan sien het die arabiese meisies hulle abajas bo-oor aangehad. Dan moet die hoed nogal bo-op die doek gesit word :-). Die seuns het vir veiligheid :-) aan die anderkant van die saal gesit.


DSC_0082


Al die onderwysers wat betrokke was by die kinders se skoolloopbaan en die graad 11's was ook in die saal.


Page3


James as 'n laerskool meneer het ook die voorreg gehad om vir een van die matriekseuns te cap.


Nou is ons seker amper regtig klaar met skool :-)


Lekker week vir julle


4 comments:

Charmaine said...

Lyk na een van daardie seremoies wat mens jou lewe lank onthou. Laaste maal in die skoolsaal as skoolkind... Dis goed dat hulle soveel moeite gedoen het daarmee.

retha said...

'n Besonderse manier om die leerlinge aan te stuur.

Sandra said...

Ek is ook Bly hulle het mast.

Sandra said...

Retha lyk my die skool neem Maar moeilik van hulle afskeid.