Showing posts with label kersfees 2011. Show all posts
Showing posts with label kersfees 2011. Show all posts

Wednesday, January 4

Kersfees en gesegtes

Die Nuwe Jaar het al klaar begin aanstap en ek kry nou eers kans om bietjie Kersfoto's op te sit. Dit was maar vanjaar 'n "stil" Kersfees op die familiefront, omrede Nelmari eers einde Januarie in SA moet wees vir universiteit, kon ons nie Desember en Januarie SA toe nie. Maar gelukkig vir ons familie-in-Christus wat ook sonder familie was, was hierdie Kersfees ook spesiaal.


Page1


Ou Kersaand is daar by ons huis heerlik Kersliedere gesing olv Elriza met Nelmari wat die boodskap gelees het. Sommer 'n hele klompie mense het opgedaag om saam Sy geboorte te herdenk.

Page2


Agterna was daar bietjie gekuier voordat elkeen na sy eie huis is vir geskenkies uitruil. Nelmari en Elriza het besluit dat aangesien ons min is vanjaar moet ons vir mekaar klomp klein geskenkies koop ~ hulle wou nie die boom laat leeg lyk nie :-) en ek vermoed hulle het nie gedink dat die boom so sou lyk nie.

Page3


Elriza se kat, Zibi (opgetel uit die vuilgoeddrom) was in sy element en het behoorlike inspeksie gehou van al die geskenkies onder die boom en vir groot vermaak gesorg.

Nelmari geniet sy spelery.

Page4

Toe die geskenkie oopmaak nie dadelik wil begin nie, het hy vinnig begin om te help.

Page5


Elke klein (en party groot) geskenkie word oopgemaak en geniet.


Page6


Toe die katte so speel tussen die papiere na die tyd het ek gewonder waar die gesegte "xmas-kat" vandaan kom.


Nou vir die nuwe jaar, nuwe uitdagings en nuwe dinge!

Monday, December 26

Die tydjie voor Kersfees

Die laaste paar weke veral die aanloop tot Kersfees was maar ernstig dol, ek's seker by julle ook en van blog was daar geen sprake nie. Hier is so 'n paar goedjies wat ons gedoen het :-).


Page3


Die vroue Retreat was 'n absolute noodsaaklikheid so voor alles en veral omdat dit 'n "stil" retreat is, waar ons baie min praat en net in Pa se teenwoordigheid tyd spandeer.


. Page4


Elkeen het in afsondering iewers gaan sit en werk en later het ons bymekaar gekom om 'n handwerk item te maak.


Page5


Dit was werklik weer 'n geseende tyd saam met 'n paar ander vroue. Julle kan gerus hier bietjie meer daarvan lees.


Page1


Ons kinders het ook hard geoefen aan hulle Kersspel ~ van die jong volwassenes waar oa James, Leane en Nelmari by betrokke was, het ook deelgeneem.


Page2


Die aand van ons opvoering het baie ouers en vriende dit bygewoon. Ons het ook eetgoed verkoop om fondse vir die Namibia-projek in te samel ~ amper R8000 vir 'n eerste keer was ongelooflik.


Page6


Die kleintjies het ook Jesus se "verjaarsdag" gevier met 'n partytjie. Hulle het begin om versierings vir die boom te maak, en daarna het die jongmense en Elriza vir hulle vertel wat die betekenis van alles op die boom is voordat daar lekker geeet en gespeel is.


Page7


Ook by die kerk het die kinders 'n "kersopvoering" gedoen.


Anders as jare terug in die sandland, het ons orals die gevoel van Kersfees gekry.


Nog is dit die einde niet. Geniet die laaste week van die jaar!