Monday, December 26

Die tydjie voor Kersfees

Die laaste paar weke veral die aanloop tot Kersfees was maar ernstig dol, ek's seker by julle ook en van blog was daar geen sprake nie. Hier is so 'n paar goedjies wat ons gedoen het :-).


Page3


Die vroue Retreat was 'n absolute noodsaaklikheid so voor alles en veral omdat dit 'n "stil" retreat is, waar ons baie min praat en net in Pa se teenwoordigheid tyd spandeer.


. Page4


Elkeen het in afsondering iewers gaan sit en werk en later het ons bymekaar gekom om 'n handwerk item te maak.


Page5


Dit was werklik weer 'n geseende tyd saam met 'n paar ander vroue. Julle kan gerus hier bietjie meer daarvan lees.


Page1


Ons kinders het ook hard geoefen aan hulle Kersspel ~ van die jong volwassenes waar oa James, Leane en Nelmari by betrokke was, het ook deelgeneem.


Page2


Die aand van ons opvoering het baie ouers en vriende dit bygewoon. Ons het ook eetgoed verkoop om fondse vir die Namibia-projek in te samel ~ amper R8000 vir 'n eerste keer was ongelooflik.


Page6


Die kleintjies het ook Jesus se "verjaarsdag" gevier met 'n partytjie. Hulle het begin om versierings vir die boom te maak, en daarna het die jongmense en Elriza vir hulle vertel wat die betekenis van alles op die boom is voordat daar lekker geeet en gespeel is.


Page7


Ook by die kerk het die kinders 'n "kersopvoering" gedoen.


Anders as jare terug in die sandland, het ons orals die gevoel van Kersfees gekry.


Nog is dit die einde niet. Geniet die laaste week van die jaar!


5 comments:

Anonymous said...

My hart is net stil as dit stil word by U

Charmaine said...

Dit was regtig 'n wonderlike amazing tyd

retha said...

Miskien is mens nie veronderstel om te sien en onthou nie, maar vir my is die beste die klein kinders wat deel in die kerspel. Daar is altyd iets om te wys hoe opreg hulle is. En somtyds om te wys na hoe aangeplak sommige dinge van doen is.

Sandra said...

Stem Toortsie!

Besig maar lekker maat.

Sandra said...

Retha hulle sorg altyd vir 'n glimlag of twee juis omdat hulle so reguit is :-). Ek glo dat hulle sal onthou, want ek onthou nog goed toe ek Maria was en vir Josef met die "baba" geslaan het omdat dit myne was :-)