Dit is seker tyd dat ek ophou "vakansie" in Namibia en die foto'tjies bere. Die Nel'le het ons natuurlik met 'n ompad lughawe toe gevat en ons het ons verkyk na nog meer kante van die land wat ons nie geken het nie. Die eerste stop was Hentiesbaai ... En nou ja die van julle wat my ken, weet ek dood oor die see en hier in die klein vakansiedorpie vir vissermanne kon ek my verkyk aan die see en die sonsondergang.
Hentiesbaai het 'n lang geskiedenis wat begin het toe Dias rondom 1488 klomp vis daar gevind en hy dit die Kus van die Vis genoem het. Maar sy naam het hy gekry van 'n majoor Hendrik "Henty" van der Merwe wat die plek in 1929 "ontdek" het terwyl hy vir water gesoek het. Hy het al langs die Omaruru rivier gekom en later gedurende 'n Kersfees 'n klein houthut naby die rivierbank gebou wat toe bekend geword het as Henty se baai en later 'n vakansieplek vir baie, met baie vis vir die vissermanne.
In 1951 is die erwe gesoneer en huise het begin opskiet met 'n lighuis wat mense teen die gevaarlike kus waarsku, al lyk dit nie so op die foto nie. 'n Paar jaar later is die hotel gebou en die dorp het ontwikkel :-). Die huisie langs die see is hoog op die duine gebou en dit het 'n besonderse uitsig.
Alhoewel daar baie ontwikkel aan die gang is, is dit nog 'n "klein" dorpie met 'n unieke informele karakter. Die huise het snaakse name, meestal in Afrikaans, die strate loop nie in blokke soos mens gewoond is nie, daar is geen verkeersligte nie en daar is soutpaaie. Hulle waarsku mense egter dat die verkeersman sy werk baie ernstige opneem veral as mens nie die padreels nakom nie - en dat mense versigtig moet wees vir die twee spoedwalle!
En dan het ons hier in Abu Dhabi gespog met ons sand golfbaan .... en Hentiesbaai het ook een. Uitgele in die droe loop van die Omararu rivier, 'n 9 putjie van amper 3 km lank. Dis 'n baie gewilde speelplek vir die golfers in die vakansie en gedurende Desember is daar ook 'n groot golftoernooi. Vir die van julle wat graag op 'n sandbaan wil speel en dink Abu Dhabi is te ver, probeer Henties.
Nog 'n bekende landmerk van die dorp is die "Galg" wat deur twee dorpenaars opgerig is met die woorde "'n Gebrek aan selfdissipline is my grootste skande" Op die kennisgewing word mense ook gewaarsku teen rommelstrooi. Die galg was bedoel om as waarskuwing te dien vir morsjorse en vandale oor wat met hulle gaan gebeur as hulle gevang sou word :-).
Oppad Swakopmund en Walvisbaai toe, ry ons verby die dorpie Wlotzkasbaken. Hulle noem dit 'n vakansiedorp, maar dis 'n baie "eksklusiewe" plek vir blanke Duitsers en volgens die inwoners in ander mense nie baie welkom daar nie. Die dorp is vernoem na 'n Paul Wlotzka. Daar is omtrent 100 erwe en die mense het GEEN elektrisiteit ens. nie. Water word in watertenks opgegaar en die wat nie sonpanele het nie, gebruik lampies. Dit lyk eintlik so met die verbygaan na 'n spookdorpie, maar die mense is blykbaar baie aktief besig om met die regering te baklei om alles te hou soos dit is.
Orals oppad kan mens sien dat visvang groot is, want mense staan sommer so langs die hoofroete en visvang.
Ons gaan maak vinnig 'n draai in Walvisbaai voordat ons omdraai Swakopmund toe.
Gaan julle nie nou 'n geskiedenis les oor die plek gee nie, behalwe dat dit 'n vakansiedorp is met
baie interessante boustyle.
Die wou Woermannhaus met 'n toring is in 1906 gebou en vandag is dit 'n biblioteek. Ons loop ook lekker in hulle "mall" rond en besoek die Brauhass vir die van julle wat dit so graag Abu Dhabi se een besoek :-).
Die pad terug ry ons verby die hoe sandduine wat wys dit is ook 'n woestyn.
Die soutpad tussen die woestyn en see.
'n Interessante koffiewinkel wat ek weet 'n paar van my blogvriende oor mal sou wees :-). Kyk net hoe word die toilette aangedui. Ek is nie 'n groot sushi fan nie, dus het ek van hulle nota teen die muur gehou. "In Swakop we have a word for sushi : bait".
Nog van die geskiedkundige geboue in die dorp.
Dan die laaste stukkie pad waar ons verby nog 'n paar winkeltjies ry.
En nog 'n "trots" van Namibia, die Spitzkoppe. Hierdie "kop" en die hoogste punt omtrent 1784m bokant seevlak. Ons het nie by dit gestop nie, maar hulle se daar is heelwat boesmankunswerke. Hierdie kop is die afgelope 100 jaar slegs deur 'n handjievol mense suksesvol geklim
Ons laaste koffiedrink voor Windhoek en ek onthou ek het nog nie namens Nelmari 'n creamsoda gedrink nie. Ons dink 'n float sal die ding doen en moes lag vir die bediening daarvan. 'n Bakkie roomys, blikke creamsoda en lee glas ~ maak jou eie float :-). Weereens geniet ek die manier waarop hulle die verskillende kleedkamers aandui.
Die trippie is nou amptelik klaar, net 'n paar verslaggies wat aangestuur moet word en dan begin ons in alle erns voorberei om 'n groep werkers iewers in volgende jaar soontoe te neem om te gaan werk by die projekte wat ons kon identifiseer.