Sunday, May 30

So vir oulaas die jaar …

Julle ken daai einde November begin Desember gevoel .... hier voel ons dit net einde Mei begin Junie. Alles sluit af sonder om regtig af te sluit en 'n ander besig word begin. Met die eksamens wat volgende week begin het die skoolsport ook gestop maar verlede Donderdag wat eintlik ons Vrydag is het die spanne teen die onderwysers hulle jaarlikse wedstryd gehad. Hierdie jaar het al drie die Holloway'tjies gespeel.

Page1

James as 'n amptelike onnie en William wat nou hier kuier (lekker!) het uitgehelp in die onnie-span. Vir die eerste keer in baie jare het die twee weer saam in die skoolgym gespeel. Alhoewel hulle goed gespeel het, het die fikser Varsity span hulle oortuigend gewen.

Page2

In die tweede wedstryd het ons vir die Varsity meisies geskree waarin Nelmari gespeel het. Die meisies het niks simpatie vir die juffrouens gehad nie en sirkels om hulle gehardloop.

Page3

Op die einde moes die onderwyseresse ander maatreels toepas. Soos julle op die foto's kan sien is Nelmari en ander vasgehou en afgetrek om te kyk of dit nie die wedstryd kan stadig maak nie :-). Groot pret vir almal en selfs nie die skeidsregter se beslissings kon die onnies nie laat wen nie.

Nog 'n tikkie af ... nou is dit net die eksamens.

Geniet julle laaste daggie van die naweek en sterkte vir die week wat voorle.

7 comments:

retha said...

Die onnies het seker baie oud gevoel agterna.

Sterkte vir beide van julle met die groot eksamen.

Jan and Miekie said...

Moes groot pret gewees het! Sterkte vir Ma en dogter vir die eksamen! Hier is al wat leef en beef ook aan't eksamen skryf, met die Julie (ek bedoel Junie) vakansie wat vanjaar ekstra vroeg begin en dus ekstra lank is! Ek en Tammy gaan darem vir 'n paar dae langer aanhou, maar sy eers volgende kwartaal eksamen skryf. Nou is ons te besig om kennis op te doen oor die wêreldbeker!

Sandra said...

Ja hulle het maar baie geroteer Retha .... selfs die jong onnies was moeg en kranklik na die tyd :-)

Welkom terug Miekie! Hoeveel dae langer is die skoolvakansie nou in SA? Wanneer doen julle 'n projek oor ons woestyn :-)

Thea said...

Sterkte vir julle met al die laaste goed vir die skooljaar daar! Sandstorms al bietjie bedaar??

Sandra said...

Thea jy sal verstaan as ek te bang is om daai een te antwoord :-)

Cecile said...

Ai jong ek kan nogal net dink hoe dit by jou voel - einde November en begin Desember- , want hier in die Barnard se huis houding is dit ook maar so. Nou nie met die skole saam nie maar met vakansie want Desember kan ons nou nie die verdiende vakansie gebruik nie, so ons sien uit na die winter vakansie, ek werk nog net daar aan om bietjie daar in die Midde Ooste te kom groet, maar as ek julle weers omstandighede so kyk dink ek ons moet dit eeder in Desember doen.

Sandra said...

Cecile einde Nov/Des/Jan is dit 'n goeie tyd om in die UAE te kuier wat die temp betref. Sal lekker wees om julle rond te wys