Showing posts with label basketball 2010. Show all posts
Showing posts with label basketball 2010. Show all posts

Sunday, May 30

So vir oulaas die jaar …

Julle ken daai einde November begin Desember gevoel .... hier voel ons dit net einde Mei begin Junie. Alles sluit af sonder om regtig af te sluit en 'n ander besig word begin. Met die eksamens wat volgende week begin het die skoolsport ook gestop maar verlede Donderdag wat eintlik ons Vrydag is het die spanne teen die onderwysers hulle jaarlikse wedstryd gehad. Hierdie jaar het al drie die Holloway'tjies gespeel.

Page1

James as 'n amptelike onnie en William wat nou hier kuier (lekker!) het uitgehelp in die onnie-span. Vir die eerste keer in baie jare het die twee weer saam in die skoolgym gespeel. Alhoewel hulle goed gespeel het, het die fikser Varsity span hulle oortuigend gewen.

Page2

In die tweede wedstryd het ons vir die Varsity meisies geskree waarin Nelmari gespeel het. Die meisies het niks simpatie vir die juffrouens gehad nie en sirkels om hulle gehardloop.

Page3

Op die einde moes die onderwyseresse ander maatreels toepas. Soos julle op die foto's kan sien is Nelmari en ander vasgehou en afgetrek om te kyk of dit nie die wedstryd kan stadig maak nie :-). Groot pret vir almal en selfs nie die skeidsregter se beslissings kon die onnies nie laat wen nie.

Nog 'n tikkie af ... nou is dit net die eksamens.

Geniet julle laaste daggie van die naweek en sterkte vir die week wat voorle.

Sunday, March 21

‘n Suksesvolle seisoen

So stadig maar seker is ons besig om 'n gat in die sand te grawe en ek sien dat die miere by ons self met 4x4's beweeg sodat hulle orals kan bykom. Nog bokse om uit te pak en dinge om reg te skuif en op te hang, maar ons begin so stadigaan aan ons nuwe plekkie gewoond raak.

Tussen-in het Nelmari ook nog 'n ISAC basketbal toernooi gehad en gelukkig het die ander lande hierdie keer Abu Dhabi toe gekom en het hulle nie nodig gehad om te reis nie. Die toernooi is dan altyd ook die "toets" oor hoe goed of sleg die span regtig is.

Page1_0

Ons dogters het my regtig verras en elke wedstryd of hulle gespeel het of gerus het, is met groot ywer en vreugde aangepak. Aan die einde van die eerste twee dae was ons dogters onoorwonne en ook eerste gekeur vir die halfeindstryd wat sou kom en wat hulle ook gewen het.

Page2_0

Dan was dit tyd vir die finaal teen 'n span van Egipte en ons meisies was omtrent opgevuur en reg vir die wedstryd - maar so ook Egipte. Dit was so 'n naelskou eindstryde dat die mammaratzi skaars die kamera kon vashou om foto's te neem :-) - te bang ek mis 'n punt.

Page4

Maar ons dogters verwerk die druk goed en wen op die einde met 10 punte! 'n Toe kon die mammaratzi foto's neem en die span wil nie wegloop voor die kamera nie. Hulle was soooo bly!

DSC_0070

Hier sit en wag hulle tydens die prysuitdeling vir hulle trofee.

DSC_0083

Die trotse span en die afsluiting van 'n uitstekende suksesvolle seisoen. Al die werk was nie verniet nie!

DSC_0085

Een ding wat ek van hierdie span moet se, en die ander spanne het daaroor opmerkings gemaak ook - wanneer hulle gespeel het, was hulle doodernstig, maar as die wedstryd klaar is, was hulle vol glimlaggies en vriendelik met almal.

DSC_0092

Die einde van die basketbal seisoen bring ook 'n einde van 'n "span-tradisie". Vandat James in die Varsity span gespeel het 8 jaar terug was daar elke jaar drie families in die span, die tradisie is voortgedra toe William gespeel het en nou ook Nelmari. Twee van die families is vanjaar klaar met skool en net Nelmari bly oor. Ek weet julle kan nie Afrikaans lees nie, maar aan die Baltaji en Shafei mammas wat 8 jaar saam met my op die paviljoen gesit het, dit was lekker en ek gaan julle volgende jaar baie mis.

Geniet julle naweek

Liefde

Thursday, January 21

Wat gaan gebeur?

Elke seisoen maak nie saak watter sport, watter span en op watter vlak, begin die span nuut en het al die betrokke ondersteuners hoop of nie vir die seisoen. Die ondersteuners van die Varsity Dogters Basketbalspan is geen uitsondering nie. Maar soos alle spanne se ondersteuners begin ons ook nou-al dink aan moontlike verskonings sou die span nie heeltemal bereik wat ons voel hulle moes nie. Ek meen in hierdie span van 10 het slegs 3 dogters verlede jaar in die span gespeel, hulle is spik splinternuut! Verlede jaar se span het bestaan uit ten minste 7 uitstekende spelers wat in enige varsity span kon speel - en nou vanjaar ....?

Dxb college

En wat gaan doen die afrigter met hierdie "groentjies"? Hy reel in die eerste vier wedstryde van die seisoen, 3 teen die beste en sterkste skole hier in die UAE en ons begin kyk na nog 'n verskoning .... hoekom moet hulle moed gebreek word al in die eerste paar wedstryde, dis so verkeerd en so onregverdig. Die dogters moet mos eers hulle basketbalvoete vind of hoe? Ons eerste wedstryd is teen Dubai College en alhoewel dit vir die eerste 2 helftes kop aan kop verloop, wen ons dogters 31 - 18. Nie sleg nie. En natuurlik speel nr 25 met die blou kniestut 'n uitstekende wedstryd :-).

DAA

Maar ons moet nie gerus raak nie, want die tweede wedstryd word gespeel teen DAA (ook van Dubai) en nog altyd ons menace. Dis 'n naelbyt stryd en die meisies speel hard. Ons arme ondersteuners op die pawiljoen se hart gaan elke keer staan as die kompetisie die hele span sub en vars bene opsit terwyl ons dogters blaas - maar hulle het hart en daar word geklou vir al wat hulle werd is aan die bal - ons wen 36 - 27!!! Yippie!!!

Choiffat

Die derde wedstryd is 'n oefening wedstryd teen Chouieifat en nadat die span 'n groot voorsprong opgebou het bring die afrigter die nuwelinge op terwyl die ander bietjie rus. Goeie oefening vir hulle en met 'n groot telling van 48 - 11 kry ek nie eers kans om die bord af te neem nie. Die kinders moet maar die oorwinning geniet want hulle grootste kopseer ACS le voor.

Page5

Dis altyd die wedstryd met die meeste ouers amper soos 'n Gim teen Paul Roos en synde dit by hulle veld is, is ons klomp Leeu-ouers in die minderheid. Maar hoe langer die wedstryd aangaan, hoe stiller raak dit rondom ons en ons dogters speel hulle hart uit. Min balle kom by 25 verby en al is sy gemerk in die wedstryd, deur die oposisie en skeidsregter speel sy net soos haar ander maats 'n baie goeie wedstryd.

Page6

Nodeloos om te se dat daar groot vreugde was met hulle 38 - 19 oorwinning. Nou le die eksamens voor en dan is dit alles weer van voor af vir hulle eerste toernooi van die seisoen. Mooi so meisies ons is trots op julle en nou het julle nie meer verskonings vir die ander wedstryde nie - julle het reeds die "vorige bestes" gewen, die toernooie is julle s'n!

Go Lions!