Tuesday, May 25

Ons diere se aanpassing tussen die duine

Soos ons moes aanpas en nog steeds doen in die erge sand, was dit die diere in die huishouding wat ook moes aanpas in die nuwe blyplek. Het hulle dieselfde probleme as ons mense? Oordeel maar self ....

photo 1

Daar is besluit om die twee straatbabas waarvan ek al vertel het maar saam te bring want wie anders sal vir hulle nou by 'n lee huis kosgee ~ en die twee se oorskakel van straat na huis was smoooootth. Kyk hoe tuis en rustig word daar geslaap en gebad.

DSC_0013

Die mannetjie "Waffles" is 'n pragtige groot kat en so liefdevol. Hy gee net heeltyd liefies en drukkies of jy nou wil of nie en van die straat af, is dit nou sy nuwe uitkykplek in die studeerkamer. Aan daai pens en lyf kan mens sien dis nou nie meer straatkos nie.

DSC_0151

Dawn moes skielik haar plek met twee ander deel en sy het besluit ounooi se wit teddie is vertroosting. Die teddie is elke keer wanneer ek in die studeerkamer kom op 'n ander plek, op die bank of rak of waar sy voel dis veilig van die ander.

photo 4

So bly dat daar nie meer 'n mamma kat is wat haar kleintjies op ons stoep aflaai nie .... totdat iemand (dit kan nie 'n mens wees nie) 'n baba katjie in die drom voor ons kompleks kom aflaai. Hierdie dingetjie kon nie ouer as 'n paar daggies wees nie en Nelmari was in haar element. Daar is probeer om die kleintjie bottel te gee sodat hy darem kon kossies inkry en die klein vegtertjie het tot die volgende dag survive.

DSCF0039

Elriza het toe besluit sy wil hom/haar he en ek was bly vir 'n goeie huis en tog nie nog een in die huis nie. Daar is al honderde foto'tjies van die klein dingetjie geneem en hoe sy vorder en mylpale bereik - ek hoop net daai maatjie van my gaan vinnig daaroor blog voordat die kleintjie groot is.

Page2

Luie was intussen in 'n gastehuis totdat daar 'n muur vir hom gebou kon word en eintlik hierdie week het die ou terugkom na 'n nuwe huis met grasperk spesiaal vir hom. Dankie Tremblay familie dat julle so mooi na hom gekyk het. Soos julle op die foto's sien is hy heel in sy skik met sy nuwe blyplek.

Laat ek nie vergeet om te noem daar is nog Nelmari se baie sensitiewe kat wat volgens die seuns anti-sosiaal is :-) en ek sal anderdag 'n foto van haar ook moet wys. Sy's geniet ook die nuwe blyplek solank sy by haar mens-ma is.

Stem julle saam dat anders as ek wat oa met die nuwe blyplek se sandstorms sukkel, het die diere geen aanpassingsprobleme nie.

Geniet julle week en die aanloop na die eindstryd die naweek .... Hoop julle oefen solank om vir die regte span te skree. Blou met 'n titseltjie wit :-)

11 comments:

Nimsi se Blog said...

Ek stem vir die "titseltjie wit" Sandra.
Julle diere lyk lekker gelukkig... Willie wil graag weet watter grassoort jy in jou tuin geplant het.

Cecile said...

Ag moeder hulle is te dierbaar.

Sal uit kyk vir daai span met die titseltjie wit en in my gedagtes vir hulle skree, want ek wil nou nie huis moles hĂȘ nie.

Mariette said...

Hulle geniet dudelik die nuwe omgewing.
En ou Luie- dit lyk of hy 'n jackpot geslaan het. :-)

lekker week.

Sonja said...

Dit lyk of hulle dit sommer baie geniet! Die ou klein katjie is my gunsteling! Hy is soooooo mooi!

Die-bouer-tuinman-grasman-boomman-hokman-werksman-huisman said...

My GROOT dank ook aan die hond se "leenhuis" sodat ek die tuin kon vestig en die muur kon bou. Sodra dit koeler as 45 grade raak nooi ek julle vir 'n potjie of 'n braai!

Miskien is dit tyd vir 'n storie oor daai tuin my vrou, soos in "before and after"?

Thea said...

Hehehe... ek het nou lekker gesmile vir Waffles! En ek kan sien Luie is uit sy vel uit om weer by sy huismense terug te wees! En is die klein katjie nie te sweet vir woorde nie!! Moeder!! Kyk dan net die ou pienk gesiggie en pootjies!!

retha said...

Daarie grasperk lyk so lekker om op te le en sterre kyk. Amper moeilik om te glo julle het so baie sand rondom julle.

Klein diertjies is altyd mooi.

Charmaine said...

Ons geniet die klein Zibi vreeslik. Die Chihauhaus ook...ek sal blog en vertel van die klein meis, want ons is nou amper seker sy is 'n dogtertjie... ek weet ek is erg agter met blog.

Sandra said...

Jy se dit seker baie sag in Bloubul land Nims :-)

Vir wie skree jy dan Cecile?

Hy geniet dit Mariette, veral om rond te rol op die gras.

Sonja haar mens ma dink alles wat sy doen is cute :-)

Sandra said...

Man-met-die-baie-name 'n blog oor die before & after is in die beplanning sodra ek foto's van die klaar kan wys.

Thea as daai vriendin van ons net 'n slag by haar blog uitkom moet julle net die oulike foto's sien van daai pienk-voet :-)

In die somer kan mens dit doen Retha, dit sal dan 'n lekker diep in die dertig temp wees :-)

Maat kan ons dit asb kry voordat sy een jaar oud word? Ek mail daai foto's nou vir jou

Cecile said...

Haha... Sandra, vir enige span behalwe die bulle.

Nee jong ek is eindelik 'n Lion.

Groete.