Sunday, January 8
Ons Kersboom prentjies
Thursday, January 5
'n Lekker lang vakansie saam met die kinders
Die blog was bietjie stil die laaste paar weke, maar om 'n goeie rede, ek kon 'n bietjie saam met van my oorsese kinders en kleinkinders kuier en wat 'n fees was dit nie. Vir myself en vir die wat wil lees, 'n klomp dagboekinskrywings van my kuier.
Saturday, November 12
Goeie terugblik en onthou
En aan die einde van hulle laaste Gr 7 kamp is daar groot vreugde vir alles wat nuut, opwindend en 'n uitdaging is vir wat nog voorle. Ek deel hulle vreugde vir alles wat die Here vir hulle en vir my in die toekoms beplan!
Saturday, October 22
Hier wil jy stop ... die Kaasfabriek
Een van my nuwe gunsteling paaie om te ry is die R406 en dis net daar waar ek nog een van die juwele van die omgewing raak ry, die Concordia plaas waar die Kingwill Kaasfabriek is.
Natuurlik is dit die "babatjies" wat eerste aandag trek. Hier word die melk van die Jersey koeie gebruik om die lekkerste kase te maak. Die familie besigheid het in Januarie 2000, op 'n klein skaal sommer in die kombuis begin deur 'n verskeidenheid resepte te toets totdat hulle die perfekte een gevind het.
Zelda is huidiglik die "kaasmaker", wat oorgevat het by haar skoonouers, maar almal spring in om te help wanneer daar tyd en hulp nodig is. Haar regterhand, wat al 12 jaar deel van die kaasfabriek is, is Ngoni wat ook help met die proses.
Die kase het gou gewild geword en was dit nodig om 'n klein fabriek te bou sodat hulle kon byhou met die aanvraag na die kase. Kingwill kaas het ook toekennings gekry vir die kase wat hulle maak. Tans is die kase by 'n verskeidenheid afsetpunte beskikbaar en ook elke Saterdag by die Greyton mark.
Hier is regtig 'n geur vir elke smaak. Net wat mens nodig het in die warm somer maande en kragonderbrekings ... 'n heerlike kaasbord met koue vleise :-) of vir die wat hou van 'n kaas- en wyn kuier. Of ...as 'n geskenk.
Gaan maak 'n draai, jy sal nie spyt wees nie."Die Here het groot dinge vir ons gedoen en ons is vol vreugde"
(Psalm 126:3)
Geniet die res van julle naweek!
Ek praat weer
Sandra
Monday, October 17
Ons gaan see toe
Die pad see toe is nie altyd die N1 of N2 vanaf ander provinsies nie, dis partykeer die kleiner en grondpaaie vanaf die binneland. Dis een van die blessings om naby die berg en die see te wees. Hier van Riviersonderend se kant, is daar verskei roetes en ons vat presies die regte een vir wat ek nodig het om te gaan vis eet. (Ja want visse swem in die see, hulle klim nie berg nie)
Sandra










