Thursday, December 26

Ou Kersaand in Woestyn

Verlede haar het ons met 'n handjie vol mense, seker so 10/12 in die woestyn gaan Kersliedere sing op Ou Kersaand en vanjaar het ons besluit, ons gaan weer, en hierdie keer was ons 'n paar hande vol.
Page1

Vroeg middag het die wind egter opgekom en ons was bekommerd dat ons heeltemal gaan wegwaai. Verseker het dit 'n paar mense se "saamkom" affekteer, maar met warm baadjies en komberse en glad nie voorbereid op die sterk wind se effek op die sand nie, het almal vroegaand bymekaar gekom vir die Ou Kersaand liedere in die woestyn.   
Page2

Daar was sand orals en Elriza en Leane wat die sang lei, moes maar partykeer die oe toeknyp om te keer dat dit nie vol sand waai nie.  
Page3

Van die piekniek na die tyd het niks gekom nie, die weer was te sleg, maar ons kon lekker sing en luister na die Kersboodskap terwyl ons rondom die kampvuur sit.  

Thursday, December 12

Baie nuwe dinge vir ons pragtige Lara


Mens kan ampertjies nie by hou met hoe vinnig die kleingoed groei nie en elke keer as hulle sien, is daar iets nuuts by wat hulle kan doen en 'n vaardigheid wat bemeester is.
Page1
Ek weet, ek praat van hulle, maar alhoewel klein Lara ons kleindogter is, het klein Carli net so 'n spesiale plekkie in ons hart EN sy is Lara se maatjie.  Hierdie twee gaan nog 'n hond uit 'n bos speel, want hulle kan al lekker uitpak en deurmekaar maak, en ampertjies met die bal speel.  En dan kom tannie Nelmari ook kuier en Lara kry kans om bietjie met haar te bond.  
Page3
Nelmari was maar suinig met die deel :-).  Gelukkig is daar 'n tannie Elriza ook wanneer Nelmari weer teruggaan.  

Page4

Dis ook nie al dag dat klein niggies saam in die buiteland sit nie - Lara en Lea kry kans om saam te speel en Lea wys haar baie oulik 'n paar dinge.  Tannie Nelmari is deel van die speel en na 'n tydjie het altwee klein dogtertjies lekker moeg aan die slaap geraak. 

Wat leer sy volgende?

Thursday, December 5

Stilte naweek in die natuur


Net so voor die besige tye tydens die feesseisoen, was dit kans vir 'n wegbreek vir ons jaarlikse Vroue Retreat.  

Page1

'n Paar van die vroue is nuut in die dorp en besluit om saam met ons in konvooi na die Weste te ry vir die geleentheid.  Ons beplan vooraf om te stop vir middagete en maak nie saak hoe lank mens in die land is nie, mens vergeet nog dat die klein plattelandse dorpies op 'n Vrydagoggend toe.  Gelukkig wag ons nie lang vir oopmaaktyd nie.   
Page2

Daarvandaan seker een van my gunsteling paaie na ons verblyf.  Die rede hoekom ek so mal is daaroor, is die groen van die bome met die woestyn in die agtergrond.  
Page3
Terwyl die vroue inburger in hulle slaapkamers word daar gewoel om die retreatgoed, musiek en "kombuis" reg tee kry.  Elriza het hard gewerk om vir ons 'n studie uit te werk en elke vrou kry 'n geskenkpakkie met haar boek, pen, joernaal, geskenkie en 'n retreat-beker met haar naam op. 
Page4

Dit is 'n silent retreat waar elkeen met God "kuier", praat en luister wat Hy se en dis so lekker dat ons dit buite in die natuur kan doen.  
Page5
Gedurende een van die sessies versier elkeen ook haar journal met 'n spesiale boodskap/prentjie. 
Page6

Die volgende dag word die stiltetyd voortgesit.    

Page8

Aan die einde van 'n baie geseende tyd, waar baie van ons antwoorde gekry het, is dit tyd vir ons laaste sessie en middagete voordat ons die langpad terug vat huistoe.

Monday, December 2

En toe is dit die Kersspel


Ons kinders was awesome tydens die Kersspel!
Page1
Natuurlik was klein Lara daar en ek sal nie die ouma ding regdoen as ek nie klomp foto's van haar opsit nie. Julle sal moet saamstem, dis een oulike engeltjie :-).
Page3

Die Kersspel het reg voor in Genesis begin waar Adam en Eva van die boom geeet het, .... Vader Abraham met sy baie seuns het lekker gesing en die profete was ook daar.  'n Lofprysingsdans deur ons tieners saam met Koning David en Kersliedere deur die kinders tussen-in was groot treffers by die gehoor.
Page4

Die herders, engeltjies en ander was so oulik en die gewildste "karakters" was verseker die wyse manne se klein kameeltjies :-).  
Page5

Die kinders was so oulik en net een "foutjie" toe Josef met Maria wou wegloop voordat die engel verskyn het.  As dit nie was dat die donkie agteruit geloop het om terug na die huis toe te gaan nie, sou niemand dit eers agtergekom het nie.  

Als en al was ons kinders uitstekend, die musiek was goed en die aand en boodskap is deur almal geniet!



Saturday, November 30

Voorbereiding vir ons Kersspel


En voor ons ons oe kon uitvee, was dit tyd om vir ons Kersspel voor te berei. Die instelling dat ons Kindergroep hier in Abu Dhabi, jaarliks 'n Kersspel opvoer, is in sy 4 de jaar en elke jaar word die voorbereiding en afwagting net groter en groter.  Die kinders en ouers is gebruik om die dekor te maak en hierdie pragtig skapies is deur ons kleintjies en hulle mamma's gemaak.  
DSC_0019

So 'n week voor die tyd is die gesiggies bietjie ingekleur om karakters te gee - party het selfs die skapies name gegee :-).
Page1_0
Maar daar mos nog 'n spaza winkel en stal kom en weereens het die mamma's gehelp om die bokse te omskep in 'n stel.
Page1
Vir die eerste keer het ons ook "versigtig" 'n oefening op 'n Saterdag gereel en ons kinders en ouers het ons nie teleurgestel nie, behalwe vir twee was almal daar.   Dit het beteken dat die hele Kersspel darem tussen 2-3 uur altesaam se oefening het ... nou kan die skare maar kom :-).
Page1_0

Natuurlik was klein Lara ook daar vir haar eerste Kersspel oefening en terwyl haar mamma en peetmamma die musiek geoefen het, het sy solank maatjies gemaak en op haar klavier geoefen vir wanneer sy dit moet doen.