Friday, February 10

‘n Lekker bonus in die Kaap

So 'n paar jaar terug het ons begin om die familie so bietjie bymekaar te kry met 'n groot reunie, en daarna was 'n gereelde bymekaarkom en opvang op die boeke. En elkeen is uniek en anders van die vorige keer. Gedurende my tyd in SA om Nelmari te help, is 'n bymekaarkom/reunie vir die oorblywende tannies, oom, niggies en nefies gehou.


Page1


Met streng opdragte van die tannies is daar goed in gereedheid gebring vir die dag. Ons was effens bekommerd aangesien ons nie meer "te" jonk is nie en gelukkig het Rene gesorg vir hulp sou dit nodig wees. Na aanleiding van alles wat daar moet wees, het ons sommer geweet hier kom groot sports.


Page2


En soos elke reunie voor dit is daar behoorlik 'n hond uit 'n bos gesels soos almal aangekom het. Nuus is opgevang en foto's is gewys.


Page3


Dit was dodelik warm in Wellington en die paar klein en agterkleinkinders wat saamgekom het, het die swembad omtrent geniet.


DSC_0023


Die reunie is "amptelik" geopen deur die enige oorlewende seun oom Henry.


DSC_0025


En die prop geskiet deur een van die tannies .... nou kan daar regtig gekuier word.


Page4


Piekniek mandjies is uitgehaal en die lekker eet het begin.


Page5


Natuurlik is daar ook gelag dat die biesies bewe en dit nog voordat die tannies/oom se nou reeds "beroemde" item begin.


Daarvan vertel ek later


4 comments:

retha said...

Ek wag om te sien!
So 'n goeie idee om spelletjies op jul program te hê

Sandra said...

'n Goeie idee Retha maar onthou net niemand op die reunie was meer "so jonk" nie :-)

Desire Fourie said...

Ai, dis so spesiaal dat hierdie familie hulle bande not behou en op so 'n genotvolle wyse. Sien uit na die volgende episode.
Mooi bly
Desire

Sandra said...

Hulle is groot pret Desire en die "oueres" is beslis 'n voorbeeld vir ons "jongeres".