Showing posts with label handwerk. Show all posts
Showing posts with label handwerk. Show all posts

Monday, February 25

Die vroue doen weer handwerk

Ons vroue het verlede week weer saamgekom vir 'n "handwerk" les/sessie. Soos die vorige keer was almal baie opgewonde en het dit omtrent gegons soos almal hulle stories en beplanning verduidelik het. Ons gaan skinkborde maak. Elise het baie geduldig die prosesse aan ons verduidelik en almal het met spitsore geluister.

Vanessa maak haar hand nat om op die bord te plak .... groot konsentrasie en dis net stap een

Heleen maak 'n skinkbord vir 'n vriendin wat hier gekuier het. Dis met foto's van hulle besoek en hier plak sy hulle versigtig op die skinkbord.Amelia plak prentjies van haar onlangse oorsese besoek. Wonder wat hier gesê word want Tracey geniet dit baie.Nou moet die prentjie met die goed wat bo-oor gesit is, drooggemaak word.

Amelia lyk heel tevrede met haar skinkbord sover...
Vanessa se prentjies is nou klaar uitgelê en geplak. Sy het foto's van haar seuns geplak.
Charmaine se beurt om met die haardroer te werk en haar projek droog te blaas. Ons prentjies se ink het gevloei toe kon ons nie skinkborde maak nie, maar Elise laat mens nie ledig sit nie en ons maak klein boksies.
Ek knip en werk aan my dekseltjie terwyl Elise "sonder toestemming" my kamera gebruik vir 'n foto!
Charmaine lyk baie trots op haar dekseltjie
Hier wys Elise vir ons hoe om die goed wat bo-oor ons bokse en skinkborde kom te meng. Kyk net hoe mooi luister Heleen en Charmaine
Dit lyk dallkies snaaks, maar Heleen is hier besig om die borreltjies van die skinkbord af te blaas.
Tracey blaas haar skinkbord droog. Sy het foto's van haar kinders op haar skinkbord.
Inspeksietyd .... Elise maak seker dat die dekseltjie van Charmaine se boks reg is en die goeters wat ons moet oorsmeer reg versprei is.
Die klomp met die eindproduk .... almal lyk heel trots op hulle self. Dankie Elise vir nog 'n lekker aand.

Thursday, July 19

Ag tog ... nog 45 dae van skoolvakansie oor

Kan julle glo, Nelmari tel die dae voor die skool begin ... en daar is nog 'n hele 45 oor. Sy wou selfs 'n "countdown" klok op die blog sit dat mens die dae, minute en sekondes kan sien aftel. Ek wil nog nie val daarvoor nie, dit klink nog te lank vir my. Dit beteken egter nog 45 dae van besig hou ...

Waarmee is sy besig?

Sy verf 'n prentjie van katsoorte

Natuurlik hou sy daarvan dat alles rondom haar moet rondstaan en lê terwyl sy werk

Dis sover sy na 2 dae met die prent is. Maar Nelmari doen nooit een ding op 'n slag nie ....Sy is ook besig om vir ouma 'n foto raampie met linte te maak
Die blommetjies is klaar en die kante word afgewerk
Dan is sy ook besig om vir jou James warm sokkies te brei. Dis meters lank en baie dik vir Bloemfontein se koue
Vir 'n naskrif is sy ook besig om armbandjies te vleg.
Hopelik sal een of meer van die PROJEKTE binne die volgende 45 dae klaar wees.