Saturday, June 23

Kreatief is pret

So vinnig soos geboue opgaan en winkels oopmaak, so vinnig kan dit weer toemaak.  Een waaroor ons baie teleurgestel was, was die ceramic winkel waar ons lekker kon kuier, eet en iets verf. So toe daar besluit moes word op 'n kombuistee vir een van ons jongmense wat binnekort trou, was dit baie maklik.  Buurdorp toe om iets persoonliks vir haar van ons elkeen te gaan verf. 
Page1
Eers word daar ernstig besluit oor wat elkeen wil verf as 'n geskenk. 

Page3

Dan word daar beplan aan die ontwerp en in watter kleure dit geverf moet word.

Page4

Met al die beplanning agter die rug word daar met groot erns geverf en die tafel raak doodstil.  Nogal 'n prestasie vir 'n klomp vroue :-). 

DSC_0063

Ons saam met die toekomstige bruid ... wat lekker verras was. 
Page5

Die verf werk is ampertjies klaar.
Page8

Van die geskenkies was Nelmari se koffiebeker met die klavier op die handvatsel vir die musiek-juffrou, 'n opdienbord, teepot, sout-en-peperstel en opskepbak. 
DSC_0094

Ons is nie seker hoe alles gaan lyk as dit klaar gebak is nie, maar ons het lekker gekuier en hoop dat wanneer Jana dit gebruik sy sal onthou van die lekker kuier terwyl ons dit spesiaal vir hulle gemaak het. 



No comments: