Thursday, December 6

‘n Land se verjaarsdag

Die afgelope week was ons tydelike bly land se 41-jarige vieringe.  Anders as vorige kere waar ons regtig die motors en liggies en alles afgeneem het (loer gerus by die skakel van vorige vieringe), het dit hierdie keer half so stilweg verbygegaan.  Een van die redes omdat ons deesdae in die woestyn bly en dit net teveel is om die verkeervieringe aan te durf.  Maar ons het nie gekeer dat die land groot gegaan het met hulle vieringe nie.  Mens sal half se dis 41 en nie 50 nie, maar 'n fees is 'n fees. 
Page1
 
By die maatskappy waar Eddie en vriendin Charmaine werk, het hulle hul eie vieringe gehad.  Kinders van die werkers was feestelik in die landsklere aangetrek.
Page2
 
Die binne en buitekant van die geboue is versier en daar was selfs perderuiters wat 'n vertoning kom gee het.
Page2
 
Verder uit die dorp uit waar ons bly was dit net vlae en vlae in alle groottes en vorms.  Ons het 'n bietjie die bure afgeneem. Dis nie my land nie, maar dit gee my 'n lekker gevoel om te weet dat hierdie mense trots is op hul land ... het my so laat dink aan die Republiekvieringe wat altyd op 31 Mei plaasgevind het toe ek nog op skool was. 
Page3
En met 'n paar dae na die 2de is dit asof almal nog baie traag is om die vlae af te haal. Ek bly wonder hoe dit sal lyk as ons met 'n "projek" in my area begin om te vra dat al die Saffers 'n vlag bo hulle huise sal hang, daar sal klomp wees dit weet ek. 
63173_502931721734_815679175_n
Sheikh James en Sheikha Leane het deelgeneem aan hulle skool se feesvieringe.  Jinne onthou julle ons skoolvieringe elke jaar ~ ek ken nog selfs die volgorde wat ons die liedjies gesing het.

3 comments:

retha said...

In die tweede laaste foto is die rooi motors, motors wat mense nog in ry of is ditdeel van die vieringe, Sandra?

Sandra said...

Retha hulle bly in ons straat en ons sien net altyd die motors daar staan, ek dink hy versamel hulle. Hulle is mooi ne? Hulle is in uitstekende toestand.

retha said...

Ek is altyd bly -hoekom weet ek nie- as ek ou goed sien wat mooi opgepas word. Baie lank gelede het iemand ons 'n 1966 Mercedes-Benz gegee. Dit was 'n aangename motor om te ry, maar ek sal nie self gaan soek vir 'n ou motor nie.