Thursday, September 27

"Happy Feet"

Die ou kuiertjie in SA was maar kort, en gelukkig kon ons oppad van Stellenbosch vinnig 'n draai by die pikkewyne gaan maak. 

DSC_0158

Net langs Wallers way in Bettiesbaai is die Stony Point pikkewyn kolonie en as jy nog nie daar was nie, is dit 'n plek om te besoek.
DSC_0271

Die Afrika pikkewyn wat die enigste pikkewynspesie is wat mens in Afrika kry en op gelys word as 'n bedreigde spesie word hier aangetref en mens kan hulle sommer lekker van naby sien. 

DSC_0272

Mens volg so 'n houtpaadjie deur die kolonie. 
DSC_0188

Die eerste pikkewyn neste hier is in 1982 ontdek en tans is daar oor die 1000 broei pare hier.  As julle mooi sien, sal julle van die neste op die foto sien. 
DSC_0220

Daar word mooi rekord gehou van die pare en die neste is genommer om die taak te vergemaklik. 
DSC_0176

Die vere van 'n pikkewyn beskerm hulle teen die koue van die water.  Hierdie twee het nog ernstig nie hulle serpies afgeskud nie. 

DSC_0218

Die klomp het lekker in die koue water geswem en in die wintersonnetjie gestaan en droogword.

DSC_0213

Die Afrika pikkewyn kan tussen 3.1 - 3.6 kg week en word tot 40 jaar oud. 

DSC_0224

Daar was sommer baie kleintjies en ek het gewonder oor al die tweelinge.  Maar dit is heeltemal normaal want twee eiers word gelei en dit vat net so bietjie langer as 'n maand om uit te broei.  Beide ouers help met die versorging en die broeipaar bly hulle hele leeftyd saam. Hierdie tweetjies het nog al hulle dik veertjies gehad.

DSC_0265

Hier word rekord gehou van al die pikkewyne soos hoeveel broeipare daar is, hoeveel kleintjies, ens. ens.  
DSC_0246

Die tweetjies  wil sommer gelyk middagete he. 

DSC_0227

Dit is so 'n mooi omgewing om te stap en die voels en pikkewyne te geniet. 

DSC_0267

So as jy nie regtig wil pikkewyne kyk nie, is dit nog steeds 'n mooi paadjie om sommer bietjie te stap en die mooi uitsig te geniet. Behalwe dit het ek natuurlik ook die lekker koue seelug geniet.

Lekker naweek vir julle

3 comments:

Desire Fourie said...

Pragtige fotos soos gewoonlik. Die pikkies is te dierbaar en kostelik.
Mooi bly
Desire

retha said...

Nou wonder ek of dit altyd bewolk is daar. Elke keer wat ons daar was was die lug betrokke. ;)

Dankiedat jy my sê. Het jy dalk 'n voorstel wat ek doen om die probleem optelos?

Desire Fourie said...

Bettiesbaai se pikkewyne het hoofnuus op Kyknet gehaal gisteraand, vanwee die pikkewyne se indringing in huisbewoners se tuine ... kan jy dit glo en dis ons wat hulle spasie bedreig.
Mooi bly
Desire