Thursday, September 13

Tyd vir 'n blaaskansie

Die uitreik was nie net werk nie, en na 'n besige week, was dit heerlik om weereens 'n besoek aan die Etosha Nasionale Park te bring.  Anders as die vorige keer, na die groot brand, was daar volop kos en die diere was in 'n uitstekende kondisie.

DSC_0404

Dis nog 'n bietjie droog daar, tot voordeel van ons kykers, want die diere was orals oppad na die drinkgate wat naby aan die paaie gelee was.   

DSC_0486

Ons kon vroegoggend by die eerste uitkykpunt gaan koffie en kyk hoe die diere kom "ontbyt". 

DSC_0482

En hulle het, alle soorte.  Kon self sit en kyk hoe die diere anders as mense, geduldig wag vir die ander totdat dit hulle beurt is.   

DSC_0582

Hierdie klompie was oppad na 'n ander watergat vir middagete.   

DSC_0603

En hier was daar nog 'n groter verskeidenheid te sien.   So anders as ons vorige wildtuin by die huis ervaring.  William se kommentaar as eerstekeer besoeker:  "hiertoe is 'n wildtuin vir beginners, mens hoef nie so hard te soek nie" :-)  
DSC_0666

En toe wou ons olifante sien en enige dier, donker van kleur van ver is gesien as olifante.  Met een so 'n kyk is die eerste olifante gewaar en die ou wat eerste was is ge-high 5 en alles.  Vra ek vir Elriza of sy ook die olifante sien en 'n foto kan neem en sy antwoord nie.  Weer 'n keer word daar gevra en toe kom die antwoord:  "ek sien die olifante tannie, maar as ek inzoom dan is dit zebras".  Die spesie het toe 'n olibra geword.  Gelukkig het die olifante vir ons by die volgende watergat gewag.  'n Trop van 40+ waarvan ons honderde foto's geneem het, en wat ons baie lank ge-entertain het.  

DSC_0754

Behalwe vir die leeus wat ons nie van naby kon sien nie, was dit 'n heerlike dag van sommer net ontspan en naby aan dit wat God geskep het te kon wees.   

DSC_0774

En hoe het ons dit geniet om die aand ook in die "veld" deur te bring.  

DSC_0791

Ons het by een van die tentkampe oorgebly en dit was groot bederf.   

DSC_0798

Die volgende oggend kon ons bybelstudie in die natuur, wat vir ons hier in die woestyn nie eintlik moontlik is nie ... en toe is dit terug vir nog 'n bietjie werk.

2 comments:

Desire Fourie said...

Sandra pragtige fotos. Eks bly julle het n lekker tydjie so in die natuur.
Mooi bly
Desire

retha said...

Nou weet ek nie wie die geduldigste was die olifante wat vir jul ewag het of julle wat aanhou uitkyk het ;o)